-
Efesiërs 3:5-7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 In vorige geslagte is hierdie geheim nie aan die mensekinders bekend gemaak soos dit nou deur gees aan die heilige apostels en profete geopenbaar is nie.+ 6 Hierdie geheim is dat mense van die nasies in eenheid met Christus Jesus deur middel van die goeie nuus mede-erfgename en lede van dieselfde liggaam sal wees.+ Hulle sal saam met ons in die belofte deel. 7 Ek het ’n bedienaar hiervan geword danksy die vrye gawe van God se onverdiende goedheid wat deur die werking van sy krag aan my gegee is.+
-