-
1 Korintiërs 6:9-11Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
9 Of weet julle nie dat onregverdige mense God se Koninkryk nie sal erf nie?+ Moenie mislei word nie. Mense wat seksueel onsedelik*+ is, afgode aanbid,+ egbreuk pleeg,+ sowel as mans wat toelaat dat hulle vir homoseksuele dade gebruik word,+ mans wat homoseksualiteit beoefen,*+ 10 diewe, mense wat gierig is,+ dronkaards,+ mense wat ander uitskel* en afpersers sal God se Koninkryk nie erf nie.+ 11 En tog is dit wat party van julle was. Maar julle is skoon gewas,+ julle is geheilig,+ julle is regverdig verklaar+ in die naam van die Here Jesus Christus en met die gees van ons God.
-
-
Titus 3:3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Want ons was ook voorheen onverstandig, ongehoorsaam, mislei, slawe van allerhande begeertes en genot. Ons het in slegtheid en jaloesie gelewe, was afskuwelik en het mekaar gehaat.
-