-
1 Timoteus 3:2-7Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 Daarom moet ’n opsiener hom so gedra dat mense geen rede het om hom te kritiseer nie. Hy moet die man van een vrou wees, matig in gewoontes, verstandig,*+ ordelik, gasvry,+ iemand wat kan onderrig,+ 3 nie ’n dronkaard nie,+ nie gewelddadig* nie, maar redelik,+ nie iemand wat daarvan hou om te stry nie,+ nie iemand wat lief is vir geld nie,+ 4 ’n man wat goeie leiding aan sy eie huisgesin gee,* wie se kinders onderdanig is en hulle goed gedra.*+ 5 (Want as ’n man nie weet hoe om aan sy eie huisgesin leiding te gee* nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg?) 6 Hy moenie ’n pasbekeerde wees nie,+ sodat hy nie dalk opgeblase van trots word en dieselfde oordeel ontvang wat oor die Duiwel uitgespreek is nie. 7 Hy moet ook ’n goeie reputasie* hê onder mense buite die gemeente,+ sodat hy nie in die skande kom en in ’n strik van die Duiwel beland nie.
-