Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Spreuke 15:1
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 15 ’n Sagte antwoord laat woede bedaar,+

      maar harde woorde* laat woede opvlam.+

  • Galasiërs 6:1
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 6 Broers, selfs al begin iemand ’n verkeerde rigting inslaan voordat hy daarvan bewus is, moet julle wat geestelik volwasse is,* so iemand op ’n sagmoedige manier+ probeer reghelp. Maar wees versigtig+ dat julle nie ook in die versoeking kom nie.+

  • Efesiërs 4:1, 2
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 4 Ek, die gevangene+ in die Here, vra julle dan dringend om te lewe op ’n manier wat pas by die roeping waarmee julle geroep is,+ 2 met alle nederigheid*+ en sagmoedigheid en met geduld,+ terwyl julle mekaar in liefde verdra.+

  • 1 Timoteus 6:11
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 11 Maar jy, o man van God, vlug vir hierdie dinge. Werk eerder hard om regverdigheid, toegewydheid aan God, geloof, liefde, volharding en sagmoedigheid+ aan te kweek.

  • 2 Timoteus 2:24, 25
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 24 ’n Slaaf van die Here hoef nie te stry nie. Hy moet eerder vriendelik* wees teenoor almal,+ hy moet kan onderrig en hy moet selfbeheersing hê wanneer hy onregverdig behandel word.+ 25 Hy moet dié wat nie ’n goeie gesindheid het nie,+ met sagmoedigheid onderrig. Miskien sal God hulle toelaat om berou te toon,* wat tot akkurate kennis van die waarheid lei,+

  • 1 Petrus 3:15
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 15 Maar heilig die Christus as Here in julle harte. Wees altyd gereed om julle te verdedig voor elkeen wat aandring op ’n rede vir die hoop wat julle het, maar doen dit met sagmoedigheid+ en diep respek.+

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Teken af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel