2 Jehovah het vir Moses gesê: “Sê vir jou broer Aäron dat hy nie sommer enige tyd in die heiligdom,+ agter die gordyn,*+ tot voor die deksel op die Ark mag inkom nie, sodat hy nie sterf nie,+ want ek sal in ’n wolk+ bokant die deksel+ verskyn.
12 “Hy moet dan die vuurbak+ vol brandende kole van die altaar+ voor Jehovah neem, sowel as twee hande vol fyn geurige reukwerk,+ en hy moet dit binne die gordyn* bring.+
7 maar die hoëpriester sou een keer per jaar alleen in die tweede afdeling ingaan,+ en hy sou altyd bloed bring+ wat hy vir homself sou offer+ en vir die sondes wat die volk+ uit onkunde gepleeg het.
19 Broers, deur die bloed van Jesus het ons die vrymoedigheid* om gebruik te maak van die weg wat in die heiligdom+ ingaan. 20 Hy het hierdie nuwe en lewende weg vir ons geopen* deur die gordyn,*+ naamlik sy liggaam,*