61 Die gees van die Soewereine Heer Jehovah is op my,+
want Jehovah het my gesalf om goeie nuus aan die nederiges te verkondig.+
Hy het my gestuur om dié met ’n gebroke hart te verbind,
om aan die gevangenes bekend te maak dat hulle vrygelaat sal word,
en aan dié wat opgesluit is, dat hulle oë wyd oopgemaak sal word,+
-
Lukas 3:21, 22
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
21 Toe al die mense gedoop is, is Jesus ook gedoop.+ Terwyl hy gebid het, het die hemel oopgegaan,+ 22 en die heilige gees het in die vorm van ’n duif op hom neergedaal. ’n Stem het ook uit die hemel gekom en gesê: “Jy is my geliefde Seun. Ek het jou goedgekeur.”+
-
Lukas 4:18
Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 “Jehovah* se gees is op my, want hy het my gesalf om goeie nuus aan die armes te verkondig. Hy het my gestuur om aan die gevangenes bekend te maak dat hulle vrygelaat sal word, en aan die blindes dat hulle weer sal sien, om vryheid te gee aan die onderdruktes,+