Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Rigters 14:5, 6
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 5 Simson het toe saam met sy ouers na Timna gegaan. Toe hy by die wingerde van Timna kom, het ’n leeu* brullend op hom afgestorm! 6 Toe het Jehovah se gees hom krag gegee,+ en hy het dit in twee geskeur, net soos iemand ’n boklam met sy kaal hande in twee skeur. Maar hy het nie vir sy ouers gesê wat hy gedoen het nie.

  • 1 Samuel 17:34-36
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 34 Dawid het toe vir Saul gesê: “U kneg het ’n herder van sy pa se kleinvee geword, en eenkeer het ’n leeu+ ’n skaap uit die trop weggedra. Later het ’n beer dieselfde gedoen. 35 Ek het agter hulle aan gegaan en hulle neergeslaan en die skaap uit hulle bek gered. Toe hulle my wou aanval, het ek hulle aan die keel* gegryp en hulle doodgemaak. 36 U kneg het die leeu sowel as die beer doodgemaak, en hierdie onbesnede Filistyn sal soos hulle word, want hy het die leërmag van die lewende God uitgedaag.”*+

  • Daniël 6:21, 22
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 21 Daniël het onmiddellik vir die koning gesê: “O koning, mag u vir ewig lewe. 22 My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegemaak,+ en hulle het niks aan my gedoen nie,+ want ek was onskuldig voor hom. En ek het ook niks verkeerds teenoor u gedoen nie, o koning.”

Afrikaanse publikasies (1975-2021)
Teken af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2021 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel