-
2 Konings 6:15, 16Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 Toe die dienaar van die man van die ware God vroeg opstaan en buitentoe gaan, het hy gesien dat ’n leërmag met perde en strydwaens die stad omsingel. Toe het sy dienaar vir hom gesê: “Ag, my meester! Wat gaan ons doen?” 16 Maar hy het gesê: “Moenie bang wees nie!+ Want daar is meer by ons as wat daar by hulle is.”+
-