-
Eksodus 20:18, 19Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 En die hele volk het die donderslae en die geluid van die horing gehoor en die weerlig en die rokende berg gesien. Toe die volk dit sien, het hulle begin bewe en op ’n afstand gestaan.+ 19 En hulle het vir Moses gesê: “Praat jy met ons, en ons sal luister, maar moenie dat God met ons praat nie, want ons is bang dat ons sal sterf.”+
-