-
Deuteronomium 15:7, 8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 “As een van julle broers onder julle arm word in een van julle stede in die land wat Jehovah julle God aan julle gee, moet jy nie jou hart verhard of jou hand toehou vir jou arm broer nie.+ 8 Want jy moet jou hand met vrygewigheid vir hom oopmaak+ en vir hom leen wat hy ook al nodig het of kortkom.
-
-
Matteus 25:35, 36Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
35 Want ek het honger geword, en julle het vir my iets gegee om te eet. Ek het dors geword, en julle het vir my iets gegee om te drink. Ek was ’n vreemdeling, en julle het my gasvry ontvang.+ 36 Ek was kaal,* en julle het vir my klere gegee.+ Ek het siek geword, en julle het my versorg. Ek was in die tronk, en julle het my kom besoek.’+
-