5 As julle dan nou my stem streng gehoorsaam en my verbond hou, dan sal julle beslis my spesiale eiendom* uit al die volke+ word, want die hele aarde behoort aan my.+6 Julle sal vir my ’n koninkryk van priesters en ’n heilige nasie+ word.’ Dit is wat jy vir die Israeliete moet sê.”
6 Want julle is ’n heilige volk vir Jehovah julle God, en Jehovah julle God het julle uitgekies om sy volk te word, sy spesiale eiendom,* uit al die volke wat op die oppervlak van die aarde is.+
15 Maar dit was net aan julle voorvaders wat Jehovah geheg geraak het en aan wie hy sy liefde betoon het, en hy het julle, hulle nageslag,+ uit al die volke uitgekies, soos vandag gesien kan word.
17 “En hulle sal myne wees,”+ sê Jehovah van die leërmagte, “op die dag dat ek hulle my spesiale eiendom* maak.+ Ek sal medelye* aan hulle betoon, soos ’n man medelye* betoon aan sy seun wat hom dien.+