4 Hy sal die armes met geregtigheid oordeel,
en met regverdigheid sal hy teregwysing gee ten gunste van die nederiges van die aarde.
Hy sal die aarde slaan met die oordeel van sy mond+
en die goddeloses doodmaak met die asem van sy lippe.+
5 Regverdigheid sal om sy middel gebind wees,
en getrouheid om sy heupe.+