-
3 Johannes 9, 10Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
9 Ek het iets aan die gemeente geskryf, maar Dioʹtrefes, wat graag die belangrikste in die gemeente wil wees,+ aanvaar niks van ons met respek nie.+ 10 Daarom sal ek, as ek kom, sy werke aan die lig bring. Hy versprei skadelike stories* oor ons,+ en asof dit nie genoeg is nie, weier hy om die broers met respek te verwelkom,+ en hy probeer om dié wat dit wil doen, te keer en uit die gemeente te gooi.
-