-
Genesis 49:9, 10Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
9 Juda is ’n leeuwelpie.+ Van die prooi af, my seun, sal jy beslis opstaan. Hy het gaan lê en hom soos ’n leeu uitgestrek, en wie sal dit waag om ’n leeu wakker te maak? 10 Die septer sal nie van Juda weggeneem word nie,+ en die staf van ’n bevelvoerder sal tussen sy voete bly, totdat Silo* kom,+ en aan hom sal die gehoorsaamheid van die volke behoort.+
-