4 Maar in elke opsig beveel ons onsself as God se bedienaars+ aan: Ons het in swaar tye volhard, ons het tye van nood deurgemaak, ons het voor probleme te staan gekom.+
10 as mense wat treur, en tog is ons altyd bly, as mense wat arm is, en tog maak ons baie mense ryk, as mense wat niks het nie, en tog besit ons alles.+
18 Sê vir hulle om goed te doen, om ryk te wees in goeie werke, om vrygewig te wees, bereid om te deel.+19 So sal hulle vir hulleself ’n skat bewaar – ’n goeie fondament vir die toekoms,+ sodat hulle ’n stewige houvas op die werklike lewe kan kry.+
5 Luister, my geliefde broers. Het God nie dié wat in die oë van die wêreld arm is, gekies om ryk in geloof+ te wees en om erfgename te wees van die Koninkryk wat hy belowe het aan dié wat hom liefhet nie?+