Hooglied van Salomo
2 “Soos ’n lelie tussen die dorings,
so is my liefling onder die dogters.”
3 “Soos ’n appelboom tussen die bome van die woud,
so is my geliefde onder die seuns.
Ek smag daarna om in sy skaduwee te sit,
en sy vrugte is soet in my mond.
7 O dogters van Jerusalem, sweer vir my
by die wildsbokke+ en die takbokooie van die veld
dat julle nie die liefde in my sal probeer wakker maak of opwek as dit nie vanself ontstaan nie.+
8 Die geluid van my geliefde!
Kyk! Hier kom hy.
Hy klim oor die berge, hy spring oor die heuwels.
9 My geliefde is soos ’n wildsbok, soos ’n jong takbok.+
Daar staan hy agter ons muur,
hy kyk deur die vensters,
hy loer deur die traliewerk.
10 My geliefde praat, hy sê vir my:
‘Staan op, my liefling,
my mooiste, kom saam met my.
Die reën het verdwyn.
12 Bloeisels het in die land verskyn,+
die tyd om te snoei, het aangebreek,+
en die lied van die tortelduif word in ons land gehoor.+
Staan op, my liefling, en kom.
Kom saam met my, my mooiste.
14 O my duif, in die skuilplekke van die rotse,+
in die skeure van die krans,
laat ek jou sien en jou stem hoor,+
want jou stem is so mooi en jou voorkoms is lieflik.’”+
15 “Vang die jakkalse vir ons,
die klein jakkalsies wat die wingerde verniel,
aangesien ons wingerde al bot.”