113 Loof Jah!
Bring lof, o knegte van Jehovah,
loof die naam van Jehovah.
2 Mag Jehovah se naam geloof word,
van nou af en tot in alle ewigheid.+
3 Laat Jehovah se naam geloof word
van die sonsopkoms tot die sonsondergang.+
4 Jehovah is hoog bo al die nasies.+
Sy heerlikheid is bo die hemel.+
5 Wie is soos Jehovah ons God,+
die Een wat in die hoogtes woon?
6 Hy buig neer om na die hemel en die aarde te kyk,+
7 en hy tel die hulpelose uit die stof uit op.
Hy haal die een wat arm is, van die ashoop af+
8 om hom by die heersers te laat sit,
by die heersers van sy volk.
9 Hy gee die onvrugbare vrou ’n huis
en maak haar ’n gelukkige moeder met kinders.+
Loof Jah!