Psalms
Van Dawid. Maskil.*
32 Gelukkig is die een wie se oortreding vergewe word, wie se sonde bedek* word.+
2 Gelukkig is die mens wat nie deur Jehovah verantwoordelik gehou word vir sy skuld nie+
en wat nie bedrieglik is nie.
3 Toe ek stilgebly het, het al my bene weggeteer as gevolg van my gekreun die hele dag lank.+
4 Want dag en nag was u hand swaar op my.*+
My krag het opgedroog* soos water in die droë somerhitte. (Sela)
5 Uiteindelik het ek my sonde aan u bely.
Ek het my oortreding nie weggesteek nie.+
Ek het gesê: “Ek sal my oortreding aan Jehovah bely.”+
En u het die oortreding van my sondes vergewe.+ (Sela)
Dan sal selfs die vloedwaters hom nie bereik nie.
7 U is ’n skuilplek vir my.
U sal my beskerm teen groot moeilikheid.+
U sal my omring met vreugdevolle uitroepe van redding.+ (Sela)
8 “Ek sal jou insig gee en jou die weg wys wat jy moet volg.+
Ek sal jou raad gee met my oog op jou.+
9 Moenie soos ’n perd of ’n muil sonder verstand word nie,+
wie se vurigheid met ’n toom of ’n halter beheer moet word
voordat hy naby jou sal kom nie.”
10 Die goddelose het baie pyne,
maar die een wat op Jehovah vertrou, word deur Sy lojale liefde omring.+
11 Vind vreugde in Jehovah en wees bly, o regverdiges.
Roep uit van vreugde, julle almal wat opreg van hart is.