Spreuke
26 Sneeu pas nie by die somer nie, en reën pas nie by die oestyd nie.
Net so pas eer nie by ’n dwaas nie.+
2 Soos ’n voël rede het om te vlug en ’n swaeltjie om te vlieg,
so kom ’n vervloeking nie sonder ’n goeie rede nie.*
4 Moenie ’n dwaas volgens sy dwaasheid antwoord nie,
sodat jy nie aan hom gelyk word nie.
6 Soos iemand wat sy eie voete vermink en homself seermaak,
so is die een wat sake aan ’n dwaas toevertrou.
9 Soos ’n doringbos in die hand van ’n dronkaard,
so is ’n spreuk in die mond van dwase mense.
12 Het jy ’n man gesien wat dink dat hy wys is?+
Daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir hom.
16 Die luiaard dink dat hy wyser is
as sewe mense wat ’n verstandige antwoord gee.
17 Soos iemand wat ’n hond aan die ore gryp,
so is ’n verbyganger wat woedend word oor* ’n stryery wat niks met hom te doen het nie.+
18 Soos ’n mal mens wat brandende en dodelike pyle afskiet,
19 so is die man wat sy medemens bedrieg* en sê: “Dit was net ’n grap!”+
20 Waar daar geen hout is nie, gaan die vuur dood,
en waar daar geen lasteraar is nie, hou die stryery op.+
22 Die woorde van ’n lasteraar is soos lekker eetgoed
wat vinnig ingesluk word en tot in die maag afgly.+
24 Die een wat ander haat, steek dit weg agter sy woorde,
maar in sy hart is daar bedrog.
25 Al praat hy vriendelik, moet jy hom nie vertrou nie,
want daar is sewe afskuwelike dinge in sy hart.*
26 Al steek hy sy haat weg deur middel van bedrog,
sal sy goddeloosheid in die gemeente aan die lig kom.