Spreuke
5 My seun, skenk aandag aan my wysheid.
Luister mooi na wat ek jou oor insig leer,+
2 sodat jy jou denkvermoë kan beskerm
en altyd met kennis kan praat.+
5 Haar voete gaan af na die dood.
Haar voetstappe lei reguit na die Graf.*
6 Sy stel nie belang in die pad na die lewe nie.
Sy swerf rond en weet nie waarheen sy gaan nie.
7 En nou, my seuns, luister na my
en bly by wat ek julle leer.
8 Bly ver weg van haar.
Moenie naby die ingang van haar huis kom nie,+
9 sodat jy nie jou waardigheid aan ander gee+
of die res van jou lewe ly nie;+
10 sodat vreemdelinge nie jou besittings* kry,+
en ander die dinge waarvoor jy hard gewerk het nie.
12 En dan sal jy sê: “Hoekom het ek dissipline so gehaat,
en hoekom het my hart teregwysing gehaat?
13 Ek het nie na die stem van my onderrigters geluister
of aandag geskenk aan die mense wat my geleer het nie.
16 Moet jou fonteine dan op verskillende plekke versprei wees,
en jou waterstrome op die openbare pleine?+
Laat haar borste jou te alle tye vreugde gee.
Mag jy altyd groot genot vind in haar liefde.+
22 Die goddelose persoon word vasgevang in sy eie oortredings,
en hy sal deur die toue van sy eie sonde gevang word.+
23 Hy sal sterf omdat daar geen dissipline was nie
en afdwaal as gevolg van sy groot dwaasheid.