Psalms
Vir die musiekleier: Op die wysie van “Die lelies”. Van Dawid.
69 Red my, o God, want die water bedreig my lewe.+
2 Ek het in die diep modder weggesink, met geen vaste grond onder my nie.+
Ek het in diep water beland,
en die kragtige stroom het my weggespoel.+
My oë het moeg geword terwyl ek op my God gewag het.+
Dié wat my wil doodmaak,
my bedrieglike vyande,* het baie geword.
Ek is gedwing om dinge te oorhandig wat ek nie gesteel het nie.
5 O God, u weet dat ek dwaas opgetree het,
en my skuld is nie vir u weggesteek nie.
6 Mag dié wat op u hoop, nie as gevolg van my in die skande gesteek word nie,
o Soewereine Heer, Jehovah van die leërmagte.
Mag dié wat u dien,* nie as gevolg van my verneder word nie,
o God van Israel.
7 Ek word beledig ter wille van u.+
Skande bedek my gesig.+
12 In die stadspoort word daar van my gepraat,
en die dronkaards sing liedjies oor my.
U is vol lojale liefde, o God,
antwoord my met u reddingsdade, wat betroubaar is.+
14 Red my uit die modder.
Moet my nie laat wegsink nie.
Red my van dié wat my haat
en uit die diep waters.+
15 Moenie toelaat dat die kragtige vloedwaters my wegspoel+
of dat die diepte my insluk
of dat die put sy mond oor my toemaak nie.+
16 Antwoord my, o Jehovah, want u lojale liefde is goed.+
Skenk aandag aan my in ooreenstemming met u groot genade,+
Antwoord my gou, want ek is in groot moeilikheid.+
18 Kom na my toe en red my.
Verlos my van my vyande.
19 U is bewus van die beledigings, die skande en die vernedering wat ek verduur.+
U sien al my vyande.
20 Die beledigings het my hart gebreek, en die wond is ongeneeslik.*
Ek het gehoop om simpatie te kry, maar daar was niks nie,+
en dat iemand my sal vertroos, maar daar was niemand nie.+
23 Laat hulle oë blind word sodat hulle nie kan sien nie,
en laat hulle heupe heeltyd bewe.
25 Laat hulle kamp* verlate word.
Laat daar geen inwoner in hulle tente wees nie.+
26 Want hulle sit die een agterna wat deur u geslaan is,
en hulle bly vertel van die pyne van dié wat deur u gewond is.
27 Voeg nog skuld by hulle skuld,
en mag hulle geen deel aan u regverdigheid hê nie.
28 Laat hulle uit die boek van die lewendes* uitgewis word,+
en mag hulle nie saam met die regverdiges ingeskryf word nie.+
29 Maar ek kry swaar en ek is in pyn.+
Mag u reddingskrag my beskerm, o God.
30 Ek sal liedere sing om die naam van God te loof,
en ek sal hom met danksegging verheerlik.
32 Die nederiges sal dit sien en sal bly wees.
Julle wat God dien,* mag julle hart nuwe krag kry.
Hulle sal daar woon en dit* besit.