Spreuke
2 Gehoorsaam my gebooie en bly lewe.+
Laat my onderrigting* vir jou so kosbaar wees soos die appel van jou oog.
3 Bind hulle om jou vingers.
4 Sê vir wysheid: “Jy is my suster,”
en beskou begrip as ’n familielid.
6 Ek het deur die venster van my huis,
deur die traliewerk, afgekyk
7 en ek het die onervarenes gesien.
Tussen die jongmense was daar ’n jong man wat onverstandig was.+
8 Hy het in die straat geloop, en toe hy by haar hoek kom,
het hy in die rigting van haar huis gestap,
9 in die skemer, vroeg in die aand,+
toe dit begin donker word.
10 Toe het ek ’n vrou na hom toe sien gaan.
Sy was soos ’n prostituut aangetrek+ en sy was baie slinks.
11 Sy is lawaaierig en uitdagend.+
Sy bly nooit by die huis nie.
12 Die een oomblik is sy in die straat, dan is sy op die openbare pleine.
Sy is op die loer naby elke straathoek.+
13 Sy gryp hom en soen hom.
Skaamteloos sê sy vir hom:
14 “Ek moes vrede-offers* bring.+
Vandag het ek my geloftes betaal.
15 Daarom het ek uitgekom om jou te ontmoet.
Ek het jou kom soek, en ek het jou gevind!
17 Ek het mirre, aalwyn en kaneel+ op my bed gesprinkel.
18 Kom, laat ons drink van die liefde tot die oggend toe.
Laat ons passievolle liefde saam geniet,
19 want my man is nie by die huis nie.
Hy is op ’n lang reis.
20 Hy het ’n sak geld saam met hom geneem,
en hy kom eers op die dag van die volmaan terug.”
21 Sy mislei hom met haar mooipraatjies.+
Sy verlei hom met haar gladde woorde.
22 Skielik loop hy agter haar aan, soos ’n bul wat geslag gaan word,
soos ’n dwaas wat in kettings* gestraf gaan word,+
23 en dan deurboor ’n pyl sy lewer.
Soos ’n voël wat in ’n vangnet invlieg, weet hy nie dat dit hom sy lewe sal kos nie.+
24 En nou, my seuns, luister na my.
Skenk aandag aan wat ek sê.
25 Maak seker dat jou hart jou nie in haar rigting lei nie.
Bly weg van haar paaie,+
26 want baie het al haar slagoffers geword,+
en sy het die dood van baie veroorsaak.+
27 Haar huis lei na die Graf.*
Dit lei na die binnekamers van die dood.