Spreuke
3 Die getroues word deur hulle integriteit* gelei,+
maar die valsheid van die bedrieglikes sal tot hulle vernietiging lei.+
5 Die regverdigheid van die getroues maak hulle pad gelyk,
maar die goddeloosheid van die goddeloses sal tot hulle ondergang lei.+
6 Die regverdigheid van dié wat reg lewe, sal hulle red,+
maar dié wat bedrieglik is, sal deur hulle eie begeertes gevang word.+
9 Die mond van die afvallige* veroorsaak sy medemens se ondergang,
maar deur kennis word die regverdiges gered.+
10 Die goedheid van die regverdiges maak ’n stad vreugdevol,
en wanneer die goddeloses sterf, is daar ’n vreugdevolle uitroep.+
11 Weens die seën van die getroues word ’n stad belangrik,+
maar die mond van die goddeloses breek dit af.+
15 Dit sal beslis sleg gaan met iemand wat vir ’n vreemdeling borg staan,+
maar die een wat nie so ’n ooreenkoms maak nie,* sal veilig wees.
18 Die goddelose ontvang ’n waardelose loon,+
maar die een wat regverdigheid saai, ontvang ’n ware beloning.+
19 Die een wat vir regverdigheid vasstaan, is op pad na die lewe,+
maar die een wat slegte dinge najaag, is op pad na die dood.
20 Dié wat ’n slegte hart het, is vir Jehovah afskuwelik,+
maar dié wat ’n rein lewe lei, gee hom vreugde.+
21 Hiervan kan jy seker wees: ’n Goddelose mens sal nie ongestraf bly nie,+
maar die kinders van die regverdige sal wegkom.
22 Soos ’n goue ring in ’n vark se snoet,
so is ’n mooi vrou wat nie haar verstand gebruik nie.
23 Die begeerte van die regverdiges lei na die goeie,+
maar die dinge waarop die goddeloses hoop, lei tot God se woede.
24 Daar is een wat baie gee en meer bykry.+
’n Ander gee nie wat hy behoort te gee nie en word arm.+
26 Die volk sal die een vervloek wat graan terughou,
maar hulle sal die een seën wat dit verkoop.
27 Die een wat hom inspan om te doen wat goed is, soek goedkeuring,+
maar die een wat slegte dinge najaag, sal deur slegte dinge getref word.+
28 Die een wat op sy rykdom vertrou, sal tot ’n val kom,+
maar die regverdige sal floreer soos groen blare.+