’n Lied van die opgange.
121 Ek kyk op na die berge.+
Waar sal my hulp vandaan kom?
2 My hulp kom van Jehovah,+
die Maker van hemel en aarde.
3 Hy sal nooit toelaat dat jou voet gly nie.+
Die Een wat jou beskerm, sal nooit lomerig wees nie.
4 Kyk! Die Een wat Israel beskerm,
sal nooit lomerig wees of aan die slaap raak nie.+
5 Jehovah beskerm jou.
Jehovah is die skaduwee+ aan jou regterhand.+
6 In die dag sal die son vir jou geen gevaar inhou nie,+
en ook nie die maan in die nag nie.+
7 Jehovah sal jou teen alle gevare beskerm.+
Hy sal jou lewe bewaar.+
8 Jehovah sal jou beskerm in alles wat jy doen,
van nou af en tot in alle ewigheid.