Job
40 Jehovah het verder vir Job gesê:
2 “Moet ’n mens fout vind en stry met die Almagtige?+
Laat die een wat dink dat hy God kan teregwys, antwoord gee.”+
3 Job het toe vir Jehovah gesê:
Wat kan ek u antwoord?
Ek sit my hand oor my mond.+
5 Ek het een keer gepraat, maar ek sal nie weer iets sê nie.
Ek het ’n tweede keer gepraat, maar ek sal niks meer sê nie.”
6 Toe het Jehovah Job uit die windstorm geantwoord:+
7 “Maak jou asseblief gereed, soos ’n man.
Ek gaan vir jou vrae vra, en jy moet my antwoord.+
8 Bevraagteken jy my geregtigheid?
Veroordeel jy my sodat jy reg kan wees?+
10 Versier jou asseblief met heerlikheid en majesteit.
Beklee jou met waardigheid en prag.
11 Stort jou woede uit.
Kyk na almal wat hoogmoedig is en verlaag hulle.
12 Kyk na almal wat hoogmoedig is en verneder hulle,
en vertrap die goddeloses daar waar hulle staan.
13 Begrawe hulle almal in die stof.
Bind hulle vas in die plek van duisternis.
15 Hier is die Behemot* wat ek gemaak het net soos ek jou gemaak het.
Hy eet gras net soos ’n bul.
16 Kyk na die krag in sy heupe
en na die krag in sy maagspiere!
17 Hy maak sy stert reguit soos ’n sederboom.
Die senings van sy bobene is ineengevleg.
18 Sy gebeente is soos koperpype.
Sy ledemate is soos stukke yster.
19 Hy is die eerste van sy soort onder* God se handewerk.
Net sy Maker kan met Sy swaard tot by hom kom.
20 Hy kry sy kos in die berge,
waar al die wilde diere speel.
21 Hy gaan lê onder die doringbosse.
Hy skuil tussen die riete in die vlei.
23 As die rivier in vloed is, word hy nie bang nie.
Hy is vol vertroue, al stroom die Jordaanrivier+ by sy kop verby.