Job
2 Kan jy ’n tou deur sy neusgate sit
of ’n haak deur sy kakebene steek?
3 Sal hy jou om genade smeek,
of sal hy vriendelik met jou praat?
4 Sal hy ’n ooreenkoms met jou maak
om vir die res van sy lewe jou slaaf te wees?
5 Sal jy met hom speel soos met ’n voël
of hom met ’n tou vasbind vir jou dogtertjies?
6 Sal handelaars hom wil koop?
Sal hulle hom onder hulle verdeel?
8 Sit jou hand op hom.
Jy sal die geveg onthou en dit nooit weer doen nie!
9 Moenie dink dat jy hom kan mak maak nie.
As jy hom sien, word jy lam van vrees.
10 Niemand sal dit waag om hom te terg nie.
Wie sal dan teen my kan opstaan?+
11 Wie het eerste vir my iets gegee, sodat ek hom moet terugbetaal?+
Alles onder die hemele is myne.+
12 Ek sal nie stilbly oor sy bene,
oor sy krag en goed gevormde lyf nie.
13 Wie kan sy dik vel verwyder?
Wie sal dit waag om naby sy oop kake te kom?
14 Wie kan sy kake oopforseer?
Sy tande is skrikwekkend.
16 Hulle is so na aan mekaar
dat geen lug tussen hulle kan inkom nie.
17 Die een is vas aan die ander.
Hulle lê styf teen mekaar en kan nie geskei word nie.
18 Wanneer hy blaas, sien ’n mens vonke spat,
En sy oë is soos die strale van die dagbreek.
19 Weerligstrale kom uit sy bek,
vuurvonke skiet daaruit.
20 Rook kom by sy neusgate uit,
soos uit ’n oond wat met droë gras gestook word.
21 Sy asem laat kole aan die brand slaan,
en ’n vlam skiet uit sy bek.
22 Daar is groot krag in sy nek,
en dié wat hom teëkom, word baie bang.
23 Die lae van sy vel* is dig saamgepak.
Dit is hard en onbeweeglik, asof dit aan hom gegiet is.
24 Sy hart is so hard soos klip.
Ja, so hard soos ’n onderste meulsteen.
25 Wanneer hy hom oplig, word selfs die sterkes bang.
Paniek ontstaan wanneer hy in die water te kere gaan.
27 Yster is vir hom soos strooi,
en koper soos verrotte hout.
28 ’n Pyl laat hom nie vlug nie.
Slingerklippe is soos grasstoppels teen hom.
29 ’n Knuppel is vir hom soos ’n grasstoppel,
en hy lag oor die geluid van ’n spies.
30 Sy onderkant is soos die skerwe van ’n kleipot.
Soos ’n dorsslee+ gly hy deur die modder.
31 Hy laat die diep water kook soos water in ’n pot.
Hy roer die see soos ’n pot salf.
32 Agter hom lê ’n blink streep op die water,
asof die diep water wit hare het.
33 Niks op die aarde kan met hom vergelyk word nie.
Hy is geskep om geen vrees te hê nie.
34 Hy kyk dreigend na al die trotse diere.
Hy is koning oor al die magtige wilde diere.”