Job
38 Toe het Jehovah Job uit die windstorm geantwoord:+
3 Maak jou asseblief gereed, soos ’n man.
Ek gaan vir jou vrae vra, en jy moet my antwoord.
4 Waar was jy toe ek die fondamente van die aarde gelê het?+
Vertel my, as jy dink dat jy insig het.
5 Wie het sy afmetings bepaal? Weet jy miskien?
Of wie het dit met ’n maatlyn gemeet?
8 En wie het die see agter deure geplaas+
toe dit gebore is,
9 toe ek dit met wolke geklee
en in digte donkerte toegedraai het,
10 toe ek met deure en grendels
perke daarvoor gestel het?+
11 Ek het toe gesê: ‘Tot hier mag jy kom, en nie verder nie.
Hier sal jou trotse golwe stop.’+
12 Het jy al ooit die oggend beveel om te kom
of vir die dagbreek gesê waar dit moet verskyn,+
13 sodat dit oor die aarde kan versprei
en die goddeloses kan verdryf?+
14 Dit verander soos klei onder ’n seël,
en alles daarop word sigbaar soos die versierings op ’n kledingstuk.
18 Besef jy hoe groot die aarde is?+
Vertel my, as jy dit alles weet.
En waar is die woonplek van die donkerte?
20 Kan jy dit na sy gebied neem?
En ken jy die paaie na sy huis?
21 Weet jy dit omdat jy reeds gebore was toe ek alles geskep het
en omdat jy baie oud is?
22 Het jy in die stoorkamers van die sneeu ingegaan+
of die stoorkamers van die hael gesien,+
23 wat ek gehou het vir die tyd van groot moeilikheid,
vir die dag van oorlog en vir die geveg?+
25 Wie het ’n kanaal vir die vloedwaters gemaak,
en ’n pad vir die donderwolk,+
26 om dit te laat reën waar niemand woon nie,
in die wildernis waar daar geen mense is nie,+
27 om verwoeste wildernisse te versadig
en gras te laat groei?+
30 Wie laat die boonste laag van die waters so hard word soos klip
en die oppervlak van die diep waters kliphard vries?+
31 Kan jy die bande van die Kima-sterrebeeld* vasbind
of die toue van die Kesil-sterrebeeld* losmaak?+
35 Kan jy weerligstrale uitstuur?
Sal hulle vir jou kom sê: ‘Hier is ons’?
38 Wie laat die stof in modder verander
en die grondkluite aan mekaar vassit?