Spreuke
2 Die tong van die wyses maak goed gebruik van kennis,+
maar dwaasheid borrel uit die mond van die dwase.
3 Die oë van Jehovah is oral.
Hy hou die slegtes en die goeies dop.+
5 ’n Dwaas steur hom nie aan sy pa se dissipline nie,+
maar ’n verstandige persoon aanvaar teregwysing.+
6 Die huis van die regverdige is vol skatte,
maar wat die goddelose inbring, bring vir hom moeilikheid.+
7 Die lippe van die wyses versprei kennis,+
maar dit is nie die geval met die hart van die dwase nie.+
8 Die offerande van die goddeloses is vir Jehovah afskuwelik,+
maar die gebed van die getroues is vir hom aangenaam.+
10 Die een wat die weg verlaat, hou nie van dissipline nie,+
maar iemand wat teregwysing haat, sal sterf.+
11 Jehovah kan tot in die Graf* en die plek van vernietiging* sien.+
Hoeveel te meer kan hy sien wat in die harte van mense is!+
12 Die spotter is nie lief vir die een wat hom teregwys nie.+
Hy sal nie die wyses vir raad vra nie.+
15 Vir die een wat swaarkry, is elke dag sleg,+
maar vir die een met ’n vrolike hart is die lewe ’n fees.+
18 ’n Man wat gou kwaad word, maak moeilikheid,+
maar die een wat nie gou kwaad word nie, laat stryery ophou.+
21 Dwaasheid is ’n vreugde vir iemand wat onverstandig is,+
maar die mens wat insig het, bly op die regte pad.+
22 Planne misluk as ’n saak nie bespreek word nie,
maar as daar baie raadgewers is, lei dit tot sukses.+
24 Die pad van die lewe loop opwaarts vir iemand met insig.+
Dit lei hom weg van die Graf* daar onder.+
25 Jehovah sal die huis van hoogmoedige mense afbreek,+
maar hy sal die grens van die weduwee beskerm.+
27 Die een wat op ’n oneerlike manier wins maak, bring moeilikheid* oor sy eie huisgesin,+
maar die een wat omkopery haat, sal bly lewe.+
28 Die hart van die regverdige dink mooi* voordat hy antwoord,+
maar die mond van die goddeloses laat slegte dinge uitborrel.
30 Oë wat straal van vreugde, maak die hart bly.