’n Lied van die opgange.
120 Ek het in my angstigheid tot Jehovah geroep,+
en hy het my geantwoord.+
2 O Jehovah, red my van valse lippe
en van die bedrieglike tong.
3 Wat sal Hy aan jou doen, en hoe sal Hy jou straf,
o bedrieglike tong?+
4 Met skerp pyle+ van ’n vegter
en met brandende kole+ van besemstruike.
5 Dit gaan sleg met my, want ek woon as ’n uitlander in Meseg!+
Ek woon tussen die tente van Kedar.+
6 Ek woon al veels te lank
by dié wat vrede haat.+
7 Ek wil vrede hê, maar wanneer ek praat,
wil hulle oorlog hê.