Psalms
Vir die musiekleier. Van Dawid. ’n Melodie.
109 O God wat ek loof,+ moenie stilbly nie.
2 Want die goddeloses en die bedrieglikes praat teen my.
Hulle vertel leuens oor my.+
6 Stel ’n goddelose persoon oor hom aan.
Mag ’n teenstander* aan sy regterhand staan.
7 Laat hom skuldig* bevind word wanneer hy geoordeel word.
Laat selfs sy gebed as sonde beskou word.+
Laat iemand anders sy opsienersamp neem.+
10 Laat sy kinders* bedelaars word wat ronddwaal,
wat uit hulle verwoeste huise uitgaan om te gaan kos soek.
12 Laat niemand goedhartigheid* aan hom betoon nie,
en laat niemand goed wees vir sy vaderlose kinders nie.
13 Laat sy nakomelinge uitgeroei word.+
Laat hulle naam binne een geslag uitgewis word.
14 Mag Jehovah die oortreding van sy voorvaders onthou,+
en mag die sonde van sy ma nie uitgewis word nie.
15 Mag Jehovah altyd onthou wat hulle gedoen het,
en mag hy die herinnering aan hulle van die aarde af uitroei.+
16 Want hy het nie daaraan gedink om goedhartigheid* te betoon nie,+
maar hy het enigiemand wat onderdruk is,+ wat arm is of wie se hart gebreek is, bly agternasit
sodat hy hom kan doodmaak.+
17 Hy was lief daarvoor om ’n vloek uit te spreek, en dit is presies wat oor hom gekom het.
Hy het geen begeerte gehad om te seën nie, en daarom het hy geen seën ontvang nie.
18 Hy het vervloekinge as sy kledingstuk gedra.
Dit is soos water in sy liggaam ingegooi,
soos olie in al sy bene.
19 Laat sy vervloekinge wees soos die klere waarin hy hom toedraai+
en soos ’n lyfband wat hy altyd dra.
20 Dít is die betaling wat Jehovah gee aan die een wat my teëstaan+
en aan dié wat slegte dinge van my sê.
Red my, want u lojale liefde is goed.+
23 Ek kom aan my einde soos ’n skaduwee wat verdwyn.
Ek is afgeskud soos ’n sprinkaan.
24 My knieë is swak omdat ek vas.
Ek is maer, en ek teer weg.*
Wanneer hulle my sien, skud hulle hulle koppe.+
26 Help my, o Jehovah my God.
Red my deur u lojale liefde.
27 Laat hulle weet dat dit deur u hand is,
dat u, o Jehovah, dit gedoen het.
28 Laat hulle ’n vloek uitspreek, maar mag u ’n seën uitspreek.
Laat hulle verneder word wanneer hulle teen my opstaan,
maar laat u kneg bly wees.
29 Laat dié wat my teëstaan, met vernedering geklee word.
Mag hulle hulle skande dra soos ’n kledingstuk.*+
30 My mond sal Jehovah vurig prys.
Ek sal hom voor baie mense loof.+
31 Want hy sal aan die regterhand van die arme staan
om hom te red van dié wat hom veroordeel.