Hosea
4 Luister na wat Jehovah sê, o Israel,
want Jehovah het ’n regsaak teen die inwoners van die land+
omdat daar geen waarheid of lojale liefde of kennis van God in die land is nie.+
Die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel,
en selfs die visse van die see sal vergaan.
4 “Laat niemand teen jou stry of jou teregwys nie,+
want jy is soos iemand wat teen ’n priester stry.+
5 Daarom sal jy in die dag struikel,
en die profeet sal saam met jou struikel, asof dit nag is.
En ek sal jou ma vernietig.*
6 My volk sal vernietig* word omdat hulle my nie ken nie.
Omdat jy kennis verwerp het,+
sal ek jou ook verwerp sodat jy nie as my priester sal dien nie.
7 Hoe meer hulle geword het, hoe meer het hulle teen my gesondig.+
Ek sal hulle heerlikheid in skande verander.*
9 Dit sal met die volk gaan soos met die priester.
Ek sal hulle oordeel vir hulle optrede,
en ek sal hulle die gevolge van hulle dade laat dra.+
10 Hulle sal eet, maar nie versadig raak nie.+
Die gees van prostitusie* laat hulle afdwaal,
en weens hulle prostitusie* weier hulle om hulle aan God te onderwerp.
13 Op die bergtoppe bring hulle offerandes,+
en op die heuwels laat hulle offerrook opgaan,
onder eikebome en storaksbome en elke groot boom,+
omdat daar goeie skaduwee is.
Daarom beoefen julle dogters prostitusie*
en pleeg julle skoondogters egbreuk.
14 Ek sal julle dogters nie oordeel weens hulle prostitusie,*
of julle skoondogters weens hulle egbreuk nie.
Want die mans gaan saam met die hoere
en bring offerandes saam met die tempelprostitute.
So ’n volk wat geen verstand het nie,+ sal tot ’n val kom.
16 Want soos ’n hardkoppige koei het Israel hardkoppig geword.+
Sal Jehovah hulle nou soos ’n jong ram in ’n oop weiveld laat wei?
17 Eʹfraim het hom verbind aan afgode.+
Los hom uit!
En sy heersers is baie lief vir skande.+
19 Die wind sal hom wegwaai,
en hulle sal skaam wees oor hulle offerandes.”