Spreuke
18 Iemand wat hom afsonder, jaag sy eie selfsugtige begeertes na.
Hy verwerp alle praktiese wysheid.
2 ’n Dwaas wil nie insig verkry nie.
Hy openbaar eerder wat in sy eie hart is.+
3 Wanneer ’n goddelose kom, verdwyn respek.
En saam met skandelike gedrag kom oneer.+
4 Die woorde van ’n man se mond is diep waters.+
Dit is ’n fontein van wysheid, ’n borrelende stroom.
5 Dit is nie goed om die goddelose te bevoordeel+
of om te keer dat die regverdige geregtigheid kry nie.+
8 Die woorde van ’n lasteraar is soos lekker eetgoed+
wat vinnig ingesluk word en tot in die maag afgly.+
10 Die naam van Jehovah is ’n sterk toring.+
Die regverdige hardloop daarin en word beskerm.+
11 Die rykdom van die ryk man is vir hom soos ’n sterk stad.
Dit is soos ’n beskermende muur in sy verbeelding.+
16 ’n Geskenk maak deure oop.+
Dit gee ’n mens toegang tot belangrike mense.
17 Dit lyk altyd of die een wat sy saak eerste stel, reg is,+
maar dan kom die ander party en ondervra hom.+
18 Wanneer die lot gewerp word, maak dit ’n einde aan geskille+
en word daar geoordeel tussen* sterk teenstanders.
19 Om ’n broer te paai wat aanstoot geneem het, is moeiliker as om ’n sterk stad in te neem,+
en daar is geskille wat soos die grendels van ’n vesting is.+
20 Weens ’n man se woorde sal sy maag vol wees.+
Hy sal vol word van die opbrengs van sy lippe.
21 Dood en lewe is in die mag van die tong.+
Dié wat daarvan hou om dit te gebruik, sal die vrug daarvan eet.+
23 Die arm man soebat,
maar die ryk man gee ’n harde antwoord.