Aan die Efesiërs
1 Van Paulus, ’n apostel van Christus Jesus deur God se wil. Aan die heiliges wat in Efeʹse+ is en wat getrou is in eenheid met Christus Jesus:
2 Mag julle onverdiende goedheid en vrede hê van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus.
3 Mag die God en Vader van ons Here Jesus Christus geloof word, want hy het ons geseën met elke geestelike seën in die hemelse plekke in eenheid met Christus.+ 4 Hy het ons voor die begin van die mensdom* gekies om in eenheid met hom* te wees, sodat ons in liefde heilig en onbesmet+ voor hom moet wees. 5 Want hy het ons vooraf gekies+ om volgens sy wens en sy wil+ deur middel van Jesus Christus as sy eie kinders+ aangeneem te word. 6 So sou God geloof word vir sy glorieryke onverdiende goedheid+ wat hy deur sy geliefde Seun aan ons gegee het.+ 7 Deur middel van hom is ons bevry deur ’n losprys, deur sy bloed.+ Ja, ons oortredings is as gevolg van God se groot onverdiende goedheid vergewe.+
8 Hy het hierdie onverdiende goedheid oorvloedig aan ons betoon deur ons alle wysheid en begrip* te gee. 9 Hy het dit gedoen deur die heilige geheim+ van sy wil aan ons bekend te maak. Hy het besluit en dit goedgevind 10 om ’n administrasie te hê* wanneer die vasgestelde tye voltooi is, om alles bymekaar te bring in die Christus, die dinge in die hemel en die dinge op die aarde.+ Ja, in hom 11 met wie ons in eenheid is en ook as erfgename aangestel is.+ Hy het ons vooraf gekies volgens die besluit van die een wat alle dinge volgens sy wil laat plaasvind. 12 So sou God geloof en geëer word as gevolg van ons, dié wat eerste op die Christus gehoop het. 13 Maar julle het ook op hom gehoop nadat julle die woord van waarheid, die goeie nuus oor julle redding, gehoor het. Nadat julle begin glo het, is julle deur middel van hom met die beloofde heilige gees verseël,+ 14 wat vooraf gegee is as ’n waarborg* van ons erfenis.+ Hierdie verseëling was om God se eie besitting+ deur ’n losprys+ te bevry sodat hy geloof en geëer kan word.
15 Ek het gehoor van die geloof wat julle in die Here Jesus het en die liefde wat julle teenoor al die heiliges getoon het, en daarom het ek ook 16 nie opgehou om God te dank vir julle nie. In my gebede vir julle bly ek vra 17 dat die God van ons Here Jesus Christus, die glorieryke Vader, julle krag sal gee sodat julle wys kan wees en die dinge kan verstaan wat hy openbaar, en so sal julle akkurate kennis van hom kry.+ 18 Hy het die oë van julle harte geopen sodat julle kan weet tot watter hoop hy julle geroep het, watter glorieryke rykdom hy as ’n erfenis vir die heiliges sal gee+ 19 en hoe oorvloedig sy krag teenoor ons, die gelowiges, is.+ Dit kan gesien word in die manier hoe hy sy groot mag gebruik het, 20 wat hy teenoor Christus getoon het toe hy hom uit die dood opgewek het. Hy het hom aan sy regterhand in die hemelse plekke laat sit,+ 21 ver bo elke regering en gesag en mag en heerskappy en elke naam wat genoem word,+ nie net in hierdie tydperk* nie, maar ook in die tydperk wat kom. 22 Hy het ook alles onder sy voete geplaas+ en hom hoof oor alles gemaak in verband met die gemeente,+ 23 wat sy liggaam is+ en wat vol is van hom wat alle dinge in elke opsig vul.