Die tweede boek van Kronieke
19 Toe het koning Joʹsafat van Juda veilig* by sy paleis in Jerusalem aangekom.+ 2 Jehu,+ die seun van Hanaʹni,+ die siener, het koning Joʹsafat gaan ontmoet en vir hom gesê: “Dink u dit is reg dat u die goddeloses help+ en dat u liefde betoon aan dié wat wys dat hulle Jehovah haat?+ Omdat u dit gedoen het, het u Jehovah kwaad gemaak. 3 Maar God het goeie dinge in u gesien,+ want u het ontslae geraak van die heilige pale* in die land en u het u hart voorberei* om die ware God te dien.”+
4 Joʹsafat het in Jerusalem bly woon, en hy het weer deur die land gereis, van Berseʹba af tot by die bergstreek van Eʹfraim,+ om die volk aan te moedig om na Jehovah, die God van hulle voorvaders, terug te keer.+ 5 Hy het ook regters regoor die land, in al die versterkte stede van Juda, aangestel.+ 6 En hy het vir die regters gesê: “Tree versigtig op, want julle tree op as regters vir Jehovah, nie vir mense nie, en hy is met julle wanneer julle oordeel.+ 7 Daarom moet julle Jehovah vrees.+ Tree versigtig op, want Jehovah ons God is nie onregverdig+ of partydig nie,+ en hy aanvaar nie omkoopgeskenke nie.”+
8 Joʹsafat het ook in Jerusalem party van die Leviete en die priesters en party van die hoofde van die vaderhuise van Israel aangestel om as regters vir Jehovah te dien en om regsake vir die inwoners van Jerusalem te verhoor.+ 9 En hy het vir hulle gesê: “Dít is wat julle met vrees vir Jehovah, met getrouheid en met ’n onverdeelde hart* moet doen: 10 Wanneer julle broers wat in hulle stede woon, met ’n moordsaak+ na julle toe kom of as hulle ’n vraag het oor ’n wet, ’n gebod, wetsvoorskrifte of oordele, moet julle hulle waarsku sodat hulle nie skuldig word voor Jehovah nie. Anders sal hy kwaad word vir julle en julle broers. Dit is wat julle moet doen sodat julle nie skuldig word nie. 11 Die hoofpriester Amarʹja is oor julle aangestel vir elke saak wat verband hou met die diens van Jehovah.+ Sebadʹja, die seun van Isʹmael, is die leier van die huis van Juda vir elke saak wat verband hou met die koning. En die Leviete sal as beamptes vir julle dien. Wees sterk en tree op, en mag Jehovah met almal wees wat doen wat goed is.”*+