Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 9/8 bl. 9-14
  • Lesers se reaksie op die Jongmense vra-boek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Lesers se reaksie op die Jongmense vra-boek
  • Ontwaak!—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Ek kon nie ophou lees nie’
  • ‘Jy voel nooit dat daar vir jou voorgeskryf word wat om te doen nie’
  • Nie net vir jongmense nie
  • Antwoorde wat regtig werk!
  • ’n Boek wat jongmense help om aan hulle Skepper te dink
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Bied die goeie nuus aan—By jongmense
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • ‘Ek kon dit nie neersit nie!’
    Ontwaak!—2011
  • Bied die Jongmense vra-boekaan
    Ons Koninkryksbediening—1994
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 9/8 bl. 9-14

Lesers se reaksie op die Jongmense vra-boek

PARTY het gedink dat hulle in die moeilikheid was. “Ek het gedink hulle wou ons oor ons gedrag oor die kole haal”, sê een 15-jarige meisie genaamd Shereda. Ander was net bang. ’n Tienjarige Britse seun genaamd Timothy sê: “Toe ek uitvind dat ek weg van my ma en pa af moes sit, wou ek nie gaan nie.”

Die rede vir hierdie kommer? ’n Aankondiging wat Vrydagoggend tydens die “Goddelike Toegewydheid”-Streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies vir 1989a gedoen is, en waar jongmense tussen 10 en 19 gevra is om in ’n gereserveerde deel te sit. Hulle is egter gou gerusgestel toe die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk vrygestel is en gratis onder al die jongmense teenwoordig versprei is. Hulle reaksie?

“Ek was sprakeloos; trane het oor my wange gerol.”—Mike.

“My oë het vol trane geskiet toe ek die fantastiese inligting in die boek sien. Net die feit dat dit ’n geskenk van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies aan jongmense is, is ’n voorbeeld van hoeveel hulle vir ons omgee.”—Agtienjarige Margie.

’n Tienjarige genaamd Naomi, wie se vader kort gelede oorlede is, het dit veral waardeer om die boek te ontvang. Sy sê:

“Dit was die eerste groot byeenkoms waarna ons gesin sonder my pappa gegaan het. Ek was die eerste dag so hartseer. Maar dit het my gelukkig gemaak om te weet dat ons broers en ons hemelse Vader, Jehovah, vir ons sorg totdat ons ons pappa in die nuwe wêreld weer by ons het.”

Die boek is ’n samevatting van omtrent die helfte van die artikels “Jongmense vra . . . ” wat van 1982 tot 1989 in die tydskrif Ontwaak! verskyn het. Daar is 39 hoofstukke wat in tien dele volgens onderwerpe saamgegroepeer is. (Sien venstertjie.) Van watter waarde is dit om al hierdie inligting in een handige boek te hê? Een jeugdige verduidelik: “Ek het dikwels geweet dat ek vorige artikels oor ‘Jongmense vra . . . ’ moet naslaan om my met ’n probleem te help, maar ek het net nooit sover gekom nie. Nou is daar ’n publikasie wat ek te eniger tyd kan optel om as ’n gids te gebruik.”

Die Jongmense vra-boek het ook sterk visuele trefkrag. “Ek hou baie van die kleurryke prente”, sê 11-jarige Heather. Die foto’s beeld jongmense in alle wêrelddele uit. ’n Kanadese jeugdige het gesê: “Die illustrasies is baie aantreklik en is ’n goeie uitbeelding van ons ware gevoelens wanneer ons ’n probleem moet trotseer.” Dit is dus geen wonder dat baie jongmense die boek onmiddellik begin verslind het nie.

‘Ek kon nie ophou lees nie’

Een 17-jarige meisie het op ’n hotel se skryfpapier geskryf:

“Ons is halfpad huis toe van ons byeenkoms af en het ’n rit van vier uur wat nog voorlê. Ek het alreeds tien hoofstukke gelees.”

Party is deur die inhoudsopgawe geboei:

“Toe ek die inhoudsopgawe gelees het, was dit asof ek na my eie lewe kyk. Daar was soveel vrae wat ek my al op een of ander tydstip afgevra het.”—Sestienjarige Kathy.

Selfs party “wat nie graag lees nie” is oorgehaal:

“Ek hou nie baie daarvan om te lees nie, maar hierdie boek is so goed dat ek, wanneer ek dit begin lees, dit nie weer kan neersit nie. Ek het amper die hele boek in drie dae gelees.”—Vyftienjarige Jennifer.

“Ek is nie ’n baie goeie leser nie en lees nie baie nie. Toe ek by die huis gekom het na die byeenkoms was ek moeg en kon skaars my oë oophou. Maar ek het deur die publikasie geblaai, dit begin lees en ’n hele hoofstuk gelees! Sedertdien het ek ’n hoofstuk ’n dag gelees, behalwe vanaand—ek het twee gelees!”—Sewentienjarige Tiffany.

En dan was daar die twyfelaars:

“Ek het gedink dat ek ’n bietjie te oud sou wees vir party dele van die boek. Daarom het ek Deel 6 ‘Seks en sedelikheid’ begin lees. Dit het my baie gehelp om etlike groot besluite te neem. Niemand is te oud vir hierdie boek nie!”—Negentienjarige Sabrina.

Om die waarheid te sê, nadat hulle dit klaar gelees het, het baie gemeen dat een keer se lees nie genoeg is nie:

“Ek is ’n jaar gelede gedoop, maar dinge het ’n bietjie moeilik geraak, en ek was terneergedruk. Ek het selfs eenkeer van die huis af weggeloop! Toe ek dus hierdie nuwe boek ontvang, het ek gevoel Jehovah weet wat ek nodig het. Dit is fantasties! Ek het dit al twee keer deurgelees.”—J. S.

“Ek skryf elke teks woord vir woord in die boek neer sodat dit vir my makliker is om die boek weer te lees. Dit is geen oordrywing nie: Hierdie boek het van my ’n beter mens gemaak.”—Agtienjarige Aida.

‘Jy voel nooit dat daar vir jou voorgeskryf word wat om te doen nie’

Maande het verloop sedert die vrystelling van die Jongmense vra-boek, en tog word woorde van waardering steeds ontvang. Die rede vir die boek se sukses is ongetwyfeld deels daaraan toe te skryf dat dit nie kinderagtig is nie, hoewel die boek tot jongmense gerig is; dit is ook nie so geskryf dat dit sy lesers laat voel dat daar vir hulle gepreek word nie. Party jongmense het dit só gestel:

“Daar is selfs ’n tikkie humor in hierdie boek. Dit is baie beter as enige tienertydskrif omdat dit deur God se Woord, die Bybel, gerugsteun word.”

“Jy voel nooit asof daar vir jou voorgeskryf word wat om te doen nie; jy word eerder bewus gemaak van etlike moontlikhede en die gevolge van elkeen. Jehovah se beskouing word altyd duidelik getoon en skriftuurlik ondersteun.”

Baie het hulle waardering uitgespreek vir die gees waarin dit geskryf is en die insig wat dit teenoor hulle gevoelens toon.

“My pa het nooit enige liefde teenoor my getoon nie, maar dit was vir my asof die raad wat hierdie boek bevat van ’n liefdevolle vader kom wat ons vir ons eie beswil raad gee.”—Stefano, Italië.

“Die gevoel wat ek onmiddellik gekry het, was dat ek met iemand praat wat my goed ken, nie dat ek ’n gedrukte bladsy lees nie.”—Myriam, Italië.

“Baie van die voorbeelde wat gebruik is, is so lewensgetrou. Ek kon my heeltemal met hulle vereenselwig.”—’n Tienderjarige meisie.

“Ek weet dat daar geen tienderjariges op die Bestuursliggaam dien nie. Tog is alles wat julle oor jongmense skryf so akkuraat; dit is asof Jehovah persoonlik met ’n mens praat.”—Vyftienjarige Aubree.

Nie net vir jongmense nie

Talle hoofstukke help ’n mens om insig te kry in die probleme waarmee volwasse Christene te kampe het, probleme soos skaamheid, neerslagtigheid, eensaamheid en werkloosheid. Dit is dus nie verbasend dat talle volwassenes ook hulle waardering vir die boek uitgespreek het nie. Die vrou van ’n reisende opsiener van Jehovah se Getuies het gesê:

“My man en ek het geen kinders nie. Ek het egter gevind dat die manier waarop die inligting aangebied word ook vir ons van waarde is. Die boek kon net sowel die titel ‘Vrae wat mense vra—Antwoorde wat werk!’ gehad het.”

Ander volwassenes stem heelhartig saam:

“Daar is sinne, frases en beginsels wat vir my op my jeugdige ouderdom van 41 baie nuttig was.”

“’n Mens sou nie kon dink dat ’n boek wat vir jongmense geskryf is, ’n vrou van 61 kon help nie. Maar dit het my gehelp om positief oor die verlede te dink en ontslae te raak van die wrok wat ek teenoor my ouers gekoester het.”

“Ek het gevind dat ook ‘ouer mense vra’. Niks het my in al die jare wat ek ’n Christen is meer gehelp om myself te verstaan nie. Terloops, ek is 74 jaar jonk.”

Daar is ook briewe van talle Christenouers ontvang:

“Ek het drie tienderjariges, en hierdie boek is ’n antwoord op my gebede. Baie dankie dat julle daar is vir ons. Satan probeer alles om my kinders van my af te rokkel. Maar nou is ek toegerus om met vaardigheid my uiterste bes te doen, danksy hierdie tydige boek.”

“Hierdie stelsel put ons van dag tot dag uit. My jongste kind is 12, en sy belangstelling in geestelike dinge het die afgelope jaar ’n kwaai knou gekry. Ek kan julle nie vertel hoe goed dit is om te sien hoe hy as gevolg van die byeenkoms en hierdie nuwe boek daarna streef om gedoop te word nie.”

“My oë het vol trane geskiet toe my kinders hulle eksemplare ontvang het. Geen ander godsdiensorganisasie gee soveel vir hulle jongmense om nie!”

“Ek is ’n enkelouer en voel regtig bang en soms nie bekwaam genoeg as ’n ouer nie. My oudste seun is 11 jaar oud en het ’n onderwyser wat nie van hom hou nie. Hoe bemoedigend was dit tog om ’n hoofstuk in die Jongmense vra-boek te vind wat daardie situasie bespreek!”

Talle het gesê hoe effektief die “Vrae vir bespreking” aan die einde van elke hoofstuk is:

“Ons lees die boek saam as deel van ons gereelde gesinsbybelstudie. Dit het ons almal nader aan mekaar gebring. Ek merk op dat die kinders op hulle gemak is met die vrae, en dit is regtig ’n ideale manier om gevoelens uit te lok wat andersins nie so maklik is om uit te druk nie.”

Antwoorde wat regtig werk!

Die toetssteen van hierdie boek se waarde is natuurlik nie sy gewildheid nie maar sy praktiese waarde. Met ander woorde, werk die antwoorde regtig? Talle jongmense bevestig geesdriftig dat hulle wel werk:

“Voor ek hierdie boek gelees het, het ek net saam met my ma en my suster na die Koninkryksaal gegaan omdat ek nie alleen by die huis kon bly nie. Ek het ’n dubbele lewe gelei. Nou het dit alles ten goede verander.”

“Jy kan die waarheid verlaat, maar dit verlaat jou nooit nie. Ek het op die ouderdom van 27 na die Koninkryksaal probeer terugkom—alleen, bang en berouvol. Ek het uiters slegte gewoontes gehad en het gemeen dat God my nooit sal vergewe nie. Maar ’n ouer suster het my die nuwe Jongmense vra-boek gegee. Ek het gevind dat dit al my probleme bespreek en vertel hoe om hulle op te los. Ek het gehuil. Ek kan nie my waardering vir hierdie boek genoeg uitdruk nie. Antwoorde wat werk—en hoe!!!”

“Hierdie boek het my baie ernstig laat nadink. Ek het myself voorheen nooit as een van Jehovah se Getuies beskou nie. Ek het ’n meisie gehad. Ek het met wêreldse mense omgegaan. Ek het selfs gesteel. Maar nadat ek die boek gelees het, het ek besef dat ek iets verkeerds in my lewe doen. Ek het tot Jehovah gebid om my te vergewe en hom bedank vir hierdie wonderlike nuwe boek.”

Hierdie is maar net ’n paar van die honderde briewe wat ons ontvang het. Ons is bemoedig en diep geraak deur julle jonges se wonderlike reaksie. Dit is duidelik dat julle wil doen wat reg is, en julle waardeer die riglyne wat Jehovah liefdevol in sy Woord voorsien. Dit is ook duidelik dat die antwoorde uit God se Woord regtig werk!

Julle sal dus bly wees om te weet dat die reeks “Jongmense vra . . . ” in Ontwaak! sal voortgaan om betroubare, Bybelse raad te voorsien oor onderwerpe wat julle raak. Maak seker dat jy elke artikel lees! En as jy dit nie alreeds gedoen het nie, lees—en herlees—die publikasie Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk.b Wys dit vir jou klasmaats. Slaan die teksverwysings na wat aangegee word. Bespreek die hoofstukke met jou ouers. Pas die raad daarvan toe. En jy sal ongetwyfeld met 16-jarige Kent saamstem, wat gesê het: “Dit is soos ’n handboek wat my help om deur die gevoeligste jare van my lewe te kom.”

[Voetnote]

a Wêreldwyd gehou vanaf Junie 1989.

b Kan verkry word deur aan die uitgewers van hierdie tydskrif te skryf.

[Venster/Prent op bladsy 11]

Inhoud

Deel 1

By die huis:

Hoe om gesinslede te behandel

Hoofstuk Bladsy

1 Waarom moet ek ‘my vader en my moeder eer’? 11

2 Waarom verstaan my ouers my nie? 18

3 Wat kan ek doen sodat my ouers my meer vryheid sal gee? 26

4 Waarom is Pa en Ma uitmekaar? 34

5 Hoe kan ek my ouer se nuwe huwelik verwerk? 42

6 Waarom is dit so moeilik om met 50

my broer en suster oor die weg te kom?

7 Moet ek die huis verlaat? 56

Deel 2

Jy en jou portuurs

8 Hoe kan ek ware vriende maak? 65

9 Hoe kan ek portuurdwang die hoof bied? 73

Deel 3

’n Kykie na jou voorkoms

10 Hoe belangrik is die uiterlike? 82

11 Weerspieël my klere my ware persoonlikheid? 90

Deel 4

Waarom voel ek so?

12 Waarom hou ek nie van myself nie? 98

13 Waarom raak ek so neerslagtig? 104

14 Hoe kan ek van my eensaamheid ontslae raak? 115

15 Waarom is ek so skaam? 121

16 Is dit normaal dat ek so treur? 127

Deel 5

Skool en werk

17 Moet ek die skool verlaat? 134

18 Hoe kan ek my punte verbeter? 140

19 Waarom wil die kinders my nie uitlos nie? 150

20 Hoe kan ek met my onderwyser oor die weg kom? 158

21 Hoe kan ek ’n werk kry (en dit behou!)? 166

22 Watter loopbaan moet ek kies? 174

Deel 6

Seks en sedelikheid

23 Wat van voorhuwelikse seks? 181

24 Hoe kan ek nee sê vir voorhuwelikse seks? 192

25 Masturbasie—Hoe ernstig is dit? 198

26 Masturbasie—Hoe kan ek die drang bestry? 205

27 Eerlikheid—Is dit werklik die beste beleid? 212

Deel 7

Afsprake, liefde en die ander geslag

28 Hoe kan ek oor verliefdheid kom? 219

29 Is ek gereed om afsprake te maak? 225

30 Is ek gereed vir die huwelik? 236

31 Hoe weet ek of dit ware liefde is? 242

32 Hoe kan ek my hofmakery suksesvol maak? 252

Deel 8

Die strik van dwelms en alkohol

33 Waarom nie drink nie? 262

34 Waarom nee sê vir dwelms? 272

Deel 9

Vrye tyd

35 Maak dit saak wat ek lees? 283

36 Hoe kan ek my TV-kykery beheer? 289

37 Waarom kan ek nie soms pret hê nie? 296

Deel 10

Jou toekoms

38 Wat hou die toekoms vir my in? 305

39 Hoe kan ek na aan God kom? 311

[Venster op bladsy 12]

‘My geliefkoosde deel van die boek is . . . ’

Talle jongmense het kommentaar gelewer oor watter van die tien dele (waarvan die lys hieronder verskyn) in die Jongmense vra-boek hulle veral gehelp het:

By die huis: “Ek en my suster baklei altyd. Maar die boek het my gehelp om goed te wees teenoor my suster. En as ons baklei, sê ons dat ons jammer is en dat ons nie bedoel het wat ons gesê het nie.”

“Ek het altyd gedink my suster kry alles wat sy wil hê, maar nou besef ek dat ek jaloers op haar was. Ek besef ook dat my ouers nie onregverdig is nie, maar dat hulle net hulle bes doen om hul liefde aan ons almal te betoon.”

“Dit het my gehelp om te besef dat my ma en pa nie as gevolg van my uitmekaar is nie.”

Jy en jou portuurs: “Dit het my gehelp om te besef dat ek ’n vriend moet wees, as ek een wil hê. Ek het ook geleer om nie vriende te maak met kinders wat slegte omgang is nie.”

’n Kykie na jou voorkoms: “Ek het gedink dat ek oorgewig is, en ek het dae lank amper niks geëet nie. Maar dan het ek myself die volgende dag ooreet en die gewig weer aangesit. Ek het besluit dat ek lelik en onaantreklik is. ’n Dierbare vriendin het gesê ek moet die deel oor ‘voorkoms’ lees. Trane het oor my wange gerol terwyl ek dit gelees het. Ek het nou my prioriteite in orde gekry en lê my toe op my diens aan God—nie my voorkoms nie.”

Waarom voel ek so?: “Ek was baie depressief, so erg dat ek selfmoord sterk oorweeg het. Nou het ek begin om my vrese te bowe te probeer kom en het professionele hulp ontvang. Ek was so verlig om te lees dat daar ’n einde sal kom aan hierdie ‘gevoel van angs’ wat ek die heeltyd het.”

Skool en werk: “Ek het probleme gehad met my punte, en daar is by die skool op my gepik. Ek is van plan om die raad by die skool toe te pas.”

Seks en sedelikheid: “Daar word baie druk uitgeoefen op tienderjariges om verkeerd te doen, maar deur Bybelbeginsels toe te pas, kan ek my teen my portuurs verweer.”

“Ek het die probleem van masturbasie, en dit veroorsaak my baie kommer. Maar ek sal ’n werklike poging aanwend om hierdie raad toe te pas en probeer om die beste jongmens wat ek kan vir my hemelse Vader te wees.”

Afsprake, liefde en die ander geslag: “Ek is nou al ’n tyd lank op een meisie verlief. Ek doen nie verspotte dinge of stel myself in die verleentheid as sy daar is nie. Nogtans het ek die gevoelens ondervind wat julle beskryf. Die boek het my gehelp om te besef dat dit net verliefdheid is en dat ek nog nie oud genoeg is om afsprake te maak nie.”

Die strik van dwelms en alkohol: “Ek is ’n groentjie op hoërskool, en hulle het my alreeds dwelms aangebied. Die boek help my om nee te sê.”

Vrye tyd: “Ek het altyd van Maandae tot Vrydae TV gekyk. Die boek het my gehelp om my TV-kykery te verminder—tot net Sondae en Vrydae!”

Jou toekoms: “Ek het altyd gedink die Bybel is vervelig—maar nie meer nie! Ek probeer nou om dit elke dag 15 minute lank te lees!”

“Dit het my werklik met my gebede gehelp. Nou kan ek met Jehovah praat soos met ’n baie intieme vriend.”

[Prente op bladsy 10]

’n Groep jongmense uit Frankryk het hierdie foto (regs) gestuur as ’n simbool van Jehovah en sy organisasie se ‘liefdevolle beskerming en ondersteuning’ deur die Jongmense vra-boek te voorsien

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel