Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 10/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1995
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
  • Outisme—Hoe om die uitdagings van ’n raaiselagtige toestand die hoof te bied
    Ontwaak!—1995
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 10/22 bl. 30

Van ons lesers

Gesprekvoering Dankie vir die artikel “Gesprekvoering is ’n kuns” (8 April 1995). Ek worstel al lank met skaamheid. Maar ek besef nou dat ek nie die enigste mens is wat hierdie probleem het nie. Ek sal goed gebruik maak van julle wenke.

A. L., Verenigde State

Julle wenk om artikels in Die Wagtoring en Ontwaak! te lees, werk regtig. ’n Mens sal verbaas wees oor hoeveel daar is om oor te praat wanneer jy dit doen!

V. M. J., Verenigde State

Konsentrasiekamp ’n Kennis van my het die artikel “My haat het in liefde verander” (8 Januarie 1995) gelees. Hy beweer in stryd met wat die artikel gesê het dat daar nie ’n teken “Arbeit Macht Frei” (Arbeid maak vry) in die Buchenwald-kamp was nie.

H. J. Z., Duitsland

Verskoon asseblief die onjuistheid. Die teken by die ingang van Buchenwald kan tot vandag toe daar gesien word en dit lui in werklikheid “Jedem das Seine” (Elkeen volgens sy verdienste). Die Auschwitz- en Sachsenhausen-kamp het die teken “Arbeit Macht Frei” gehad.—RED.

Outisme Baie dankie vir die artikel “Outisme—Hoe om die uitdagings van ’n raaiselagtige toestand die hoof te bied” (8 Februarie 1995). Uiteindelik kan ek die siekte verstaan waaraan my dogter ly en weet dat dit nie die gevolg is van iets wat ek gedoen het in die manier waarop ek haar grootgemaak het nie. My diens aan Jehovah gee my die krag om met haar toestand saam te leef.

M. H., Switserland

Daar is baie bygelowe oor die oorsake van outisme, soos ’n vloek van voorouers of vergelding vir vorige dade. Wat julle geskryf het, sal tot ’n beter begrip van hierdie toestand bydra. Dankie vir sulke leersame artikels.

M. A., Nigerië

Orgideë Ek is ’n orgideeliefhebber! Trouens, ek het orgideë in my tuin en het ook ’n fotoversameling daarvan. Dankie dat julle die artikel “Op soek na orgideë in Europa” (22 Januarie 1995) geplaas het. Ek hoop dit is nie die laaste artikel wat julle oor hierdie onderwerp plaas nie.

R. M., Filippyne

Veilige besturing Ek is in my middel-veertigerjare en is weens epilepsie nooit toegelaat om te bestuur nie. Nadat ek breinchirurgie ondergaan het, het my neuroloog my toestemming gegee om vir ’n bestuurslisensie aansoek te doen! Die artikel “Is jy ’n veilige bestuurder?” (8 Februarie 1995) het my gehelp om te besef hoe belangrik die regte gesindheid is terwyl jy bestuur. Dit het gekom net ná ek my lisensie gekry het!

G. S., Verenigde State

Onvergeeflike sonde Dankie vir die artikel “Jongmense vra . . . Het ek ’n onvergeeflike sonde gepleeg?” (8 November 1994). Ek het trane in my oë gehad terwyl ek dit gelees het, want ek worstel ook met hierdie onrein gewoonte, masturbasie. Ek het die voorbeeld van Marco en Alberto, wat in die artikel genoem word, gevolg wat albei die moed gehad het om met ’n ouer man te praat. Dit het my baie gehelp.

A. M. C., Brasilië

Masturbasie is een van die moeilikste dinge waarteen ’n jong Christen moet stry. Ek het al dikwels ellendig en mismoedig gevoel. Die artikel het my aangemoedig om aan te hou stry om hierdie probleem te bowe te kom.

F. G. M., Mexiko

Ek het betrokke geraak by losbandige gedrag met die jong man met wie ek gehoop het om te trou; dit het ons verhouding vernietig. Ek was baie terneergedruk en het baie dae en nagte omgehuil. Ek het regtig gedink dat ek nie vergewe sal word nie. Toe ek hierdie artikel gelees het, het dit my geloof in Jehovah herstel sowel as in sy vermoë om te vergewe en te vergeet.

L. C., Australië

    Afrikaanse publikasies (1975-2023)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2023 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privacy Settings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel