Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 1/8 bl. 32
  • “Uit die mond van klein kindertjies”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Uit die mond van klein kindertjies”
  • Ontwaak!—1996
Ontwaak!—1996
g96 1/8 bl. 32

“Uit die mond van klein kindertjies”

’n Vrou van Ballito, Natal, het innige waardering vir die boek My boek met Bybelverhale uitgespreek en geskryf:

“Ek het ’n nefie, Rudi Naidoo, wat net een en ’n half jaar oud is, en hy noem die naam van feitlik elke karakter in die boek deur net na hulle prente te kyk. Hy vertel selfs vir jou wat sekere Bybelkarakters in die prente doen. Verhaal 11 wys byvoorbeeld hoe Noag offerandes bring. Rudi vertel vir ons: ‘Noag—bid Jehovah.’

“Wanneer hy gevra word wat Josua in verhaal 49 doen, staan Rudi soos Josua in die prent terwyl hy sê: ‘Son staan stil!’ Hy kan die woorde nie behoorlik uitspreek nie, maar sê dit op sy eie snaakse, oulike manier.

“Ek wil julle weer eens bedank vir hierdie uitstekende publikasie. Klein kindertjies kan vir jou vertel wat party volwassenes nie weet nie. Jesus se woorde in Matteus 21:16 is beslis waar: ‘Uit die mond van klein kindertjies en suigelinge het u lof berei.’”

As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy My boek met Bybelverhale kan ontvang of as jy wil hê dat iemand jou tuis moet besoek om die waarde van Bybelonderrig met jou te bespreek, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2023)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2023 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel