Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 5/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 5/8 bl. 30

Van ons lesers

Vyftig jaar gelede Ek het so pas die reeks “1945-1995—Wat het ons geleer?” (8 September 1995) klaar gelees. Ek was beïndruk deur die manier waarop julle al daardie besonderhede van die geskiedenis in so ’n beperkte spasie geplaas het. Ek het baie geleer; dit was beter as om ’n geskiedenisboek te lees.

M. V., Filippyne

Gebed Ek is werkloos en besig om te trek. Ek was baie bekommerd—totdat ek die artikel “Die Bybelse beskouing: Jou rol in jou gebede” (8 September 1995) gelees het. Dankie dat julle hierdie artikel geplaas het. Ek sal my bes doen om te bewys dat ek gretig is dat my gebede beantwoord moet word deur in ooreenstemming daarmee te leef.

D. C., Verenigde State

Dobbelary Ek het onlangs gebid dat ’n artikel oor dobbelary moet verskyn, aangesien my familielede baie dringend hulp in hierdie verband nodig het. Hulle is op die randjie van bankrotskap. Ek hoop dat die reeks “Dobbelary—Al hoe meer raak verslaaf” (22 September 1995) hulle sal help. Hulle ly so baie as gevolg van hulle verslaafdheid. Ons het gewoonlik as ’n familie 6 tot 12 uur lank op ’n slag poker gespeel! Ek is so bly dat ek Jehovah nou in my lewe het.

L. D., Verenigde State

Julle het my huwelik van 20 jaar met ’n man wat aan dobbelary verslaaf is, beskryf. Ek het in die verlede baie bemoediging uit die tydskrifte gekry, maar hierdie keer het ek iets ontvang waarvoor ek 20 jaar gewag het!

F. E., Japan

Selfverdediging Ek het die artikel “Jongmense vra . . . Moet ek selfverdediging leer?” (22 September 1995) baie waardeer. Hier in die Oekraïne kry ons elke maand net een nommer van die Ontwaak!, en dit bevat nie “Jongmense vra . . . ” nie. Aangesien ek Engels kan lees, kon ek die artikel lees. Dit het my gehelp om te sien wat God se beskouing is.

V. L., Oekraïne

Ek is 12 jaar oud, en ek wil julle bedank vir die artikels wat julle plaas. Ek het die artikel oor selfverdediging veral nuttig gevind. Dit het my beter laat verstaan hoe om op te tree wanneer my skoolmaats my vervolg.

D. C., Italië

Afrikaskool Ek is ’n Akan wat by beide die tradisionele Afrikaskool en Westerse skole baat gevind het, en ek het julle artikel “Die Afrikaskool—Watter onderrig het dit gegee?” (22 September 1995) baie geniet. Ek is geraak deur die respek en waardigheid wat julle aan die Afrikaskool verleen het. Daar is mense wat dink dat julle godsdiens die Afrikatradisie verag. Hierdie artikel toon duidelik dat dit nie die geval is nie.

S. N., Ghana

Lewensverhaal Baie dankie dat julle die verhaal van Karen Malone, “My lang, moeilike stryd om ware geloof te vind” (22 September 1995), geplaas het. Dit het my van vreugde laat huil.

J. S., Tsjeggiese Republiek

Ek is die oudste kind in my gesin. Ek het gewoonlik sleg gevoel omdat ek nie baie van die dinge wat ek wou hê, kon kry nie. Partykeer het ons skaars genoeg geld gehad om kos te koop. Maar danksy Karen besef ek nou dat ons diens aan God belangriker as materiële dinge is.

T. T., Griekeland

Ek het die artikel al vier keer gelees, en elke keer het dit my laat huil. Ek kon my vereenselwig met haar vasberadenheid om Jehovah ten spyte van gesinsteenstand en ontberinge te dien. Ek hoop om binnekort as ’n gewone pionier, ’n voltydse evangeliedienaar, te begin dien, en hierdie artikel het my werklik versterk.

D. F., Australië

    Afrikaanse publikasies (1975-2022)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2022 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel