‘Elke mens op aarde behoort hierdie publikasie te lees’
’N LESER van Alabama, VSA, het opregte waardering vir die Ontwaak! uitgespreek en geskryf:
“Ek het pas ’n ouer nommer van die Ontwaak!, met die titel “Seëvierend in die aangesig van die dood” (8 Mei 1993), deurgelees. Ek kon dit nie neersit nie. Dit was leersaam, feitelik, opvoedkundig.
“Ek dink elke mens op aarde behoort die geleentheid te hê om hierdie publikasie te lees!”
Die Ontwaak! word in 78 tale vir die voorligting van ander uitgegee. Die artikels daarin bespreek godsdiens en die wetenskap, sowel as die maatskaplike, emosionele en gesinskwessies wat baie mense op die hart het.
As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy die Ontwaak! kan ontvang of as jy wil hê dat iemand jou tuis moet besoek om die waarde van Bybelonderrig met jou te bespreek, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.