Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 5/22 bl. 25-27
  • Waarom kan ek nie vriende behou nie?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom kan ek nie vriende behou nie?
  • Ontwaak!—1996
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Brose vriendskappe
  • Dinge wat vriendskappe vergiftig
  • Vriendskap—Ontvang of gee?
  • Wanneer probleme opduik
  • Blywende vriendskappe kan ervaar word!
  • Behou vriendskappe in ’n liefdelose wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Wat sê die Bybel oor vriendskap?
    Antwoorde op Bybelvrae
Ontwaak!—1996
g96 5/22 bl. 25-27

Jongmense vra . . .

Waarom kan ek nie vriende behou nie?

“Daar was baie dinge waarin ek en my vriendin belanggestel het en wat ons saam gedoen het. Maar skielik het ons vriendskap al hoe kouer geword. Dit het my regtig terneergedruk laat voel.”—Maria.

JY HET uiteindelik ’n vriend gevind, iemand wat jou verstaan en jou nie veroordeel nie. Dan begin julle vriendskap ewe skielik agteruitgaan. Jy probeer dit red, maar sonder sukses.

’n Getroue vriend is van onskatbare waarde (Spreuke 18:24). En om een te verloor, kan ’n pynlike ondervinding wees. Die Bybel deel ons mee dat Job, toe sy vriende hom verlaat het, gesê het: “My naasbestaandes ontbreek, en my vertroudes het my vergeet” (Job 19:14). Jy ondervind dalk soortgelyke ellende as jou vriendskap met iemand onlangs skipbreuk gely het. Soos die jong Patrick dit gestel het: “Dit voel asof iemand vir wie jy lief is, doodgegaan het.” Maar sê nou feitlik elke vriendskap wat jy ooit gehad het, het in duie gestort?

Brose vriendskappe

Die boek Adolescence deur Eastwood Atwater sê dat tienervriendskappe “geneig is om wisselvallig te wees, met skielike, drastiese veranderinge en kwade gevoelens wanneer die vriendskap beëindig word”. Waarom is tienervriendskappe so broos? Een rede is dat jou gevoelens, beskouings, doelwitte en belange begin verander namate jy ouer word. (Vergelyk 1 Korintiërs 13:11.) Jy kan vind dat jy jou maats in sekere opsigte verbygaan—of dat hulle jou verbygaan.

Wanneer vriende dus grootword, raak hulle partykeer vervreemd van mekaar—nie omdat hulle vir mekaar kwaad is nie, maar omdat hulle verskillende doelwitte, belange en waardes ontwikkel. Dit is miskien selfs beter dat ’n vriendskap eindig. Namate jy ouer word en geestelike sake ernstiger begin opneem, besef jy dalk dat van jou gewese vriende nie ’n heilsame invloed op jou gehad het nie (1 Korintiërs 15:33). Jy gee vir hulle om, maar jy geniet nie hulle geselskap soos vroeër nie.

Dinge wat vriendskappe vergiftig

Maar gestel jy verloor voortdurend vriende—vriendskappe wat jy graag wil behou. Om eerlik te wees, dit kan beteken dat jy ’n paar persoonlikheidsgebreke het wat jy te bowe moet kom. Jaloesie vergiftig byvoorbeeld vriendskappe. Stel jou voor dat jy ’n vriend het wat ryker, begaafder, aantrekliker of gewilder as jy is. Voel jy gegrief oor die ekstra aandag wat hy of sy dalk ontvang? “Jaloesie is verrotting vir die gebeente” (Spreuke 14:30, NW). “Ek was regtig jaloers oor my vriend se gewildheid en al die dinge wat hy gehad het wat ek nie gehad het nie”, erken die jong Keenon, “en dit het ons vriendskap beïnvloed.”

Besitlikheid kan nog ’n vernietigende eienskap wees. Sê nou jy vind uit dat ’n vriend al hoe meer tyd saam met ander deurbring en al hoe minder tyd saam met jou? Een jeugdige het erken: “Ek was jaloers as ander bloot met party van my vriende gepraat het.” Jy kan miskien jou vriend se omgang met ander as verraad beskou.

Perfeksionisme kan ook tot die einde van ’n vriendskap lei. Jy vind byvoorbeeld uit dat ’n vriend agter jou rug van jou gepraat het, miskien selfs vertroulike sake bespreek het (Spreuke 20:19). “Ek kan hom/haar nooit weer vertrou nie!” roep jy kwaad uit.

Vriendskap—Ontvang of gee?

As jaloesie, besitlikheid of perfeksionisme spanning in jou vriendskappe veroorsaak het, moet jy jou afvra: ‘Wat wil ek uit ’n vriendskap hê?’ Dink jy dat vriendskap beteken dat jy iemand het wat jy kan hiet en gebied, ’n soort kneg om jou bevele uit te voer? Soek jy vriende wat tot jou aansien, gewildheid of voordeel sal bydra? Verwag jy uitsluitlike toegewydheid van ’n vriend, met min plek vir ander in die verhouding? Dan moet jy jou beskouing van vriendskap verander.

Uit die Bybel leer ons dat goeie verhoudinge met ander die gevolg daarvan is dat ons gee en nie ontvang nie! In Matteus 7:12 het Jesus Christus self gesê: “Alles wat julle dus wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook net so aan hulle doen.” Dit is net natuurlik om sekere dinge van vriende te verwag. Die boek Understanding Relationships sê: “Ons verwag gewoonlik dat ’n vriend iemand moet wees wat eerlik en openhartig is, toegeneentheid betoon, vir ons van sy of haar geheime en probleme vertel, hulp gee wanneer ons dit nodig het, ons vertrou en ook . . . bereid is om onenighede uit die weg te probeer ruim.” Maar dit is nie die einde van die saak nie. Die boek voeg by: “Dit is dinge wat mense van ’n vriend verwag om vir hulle te doen en ook bereid is om op hulle beurt vir die vriend te doen.”—Ons kursiveer.

Let op hoe Jesus diegene wat na aan hom was, behandel het. Hy het vir sy dissipels gesê: “Ek noem julle nie meer slawe nie, omdat ’n slaaf nie weet wat sy heer doen nie. Maar ek het julle vriende genoem.” Maar was Jesus se vriendskap met sy dissipels gebaseer op wat hulle vir hom kon doen? Inteendeel. Hy het gesê: “Niemand het groter liefde as dít nie, dat iemand ten behoewe van sy vriende van sy siel afstand doen” (Johannes 15:13, 15). Ja, die ware grondslag vir vriendskap is selfopofferende liefde! Wanneer liefde die grondslag is, kan ’n verhouding ten spyte van rusies en probleme voortduur.

Wanneer probleme opduik

Stel jou byvoorbeeld voor dat jou vriend meer geld, verstand of talent as jy het. Onselfsugtige liefde help jou om saam met jou vriend bly te wees. Die Bybel sê per slot van rekening dat ‘die liefde nie jaloers is nie’.—1 Korintiërs 13:4.

Of veronderstel dat jou vriend iets sê of doen wat jou gevoelens seermaak. Beteken dit dat julle vriendskap gedoem is? Nie noodwendig nie. Die apostel Paulus was baie teleurgesteld toe sy vriend Markus hom tydens ’n sendingreis in die steek gelaat het. Dit was so erg dat hy geweier het dat Markus hom op sy volgende reis vergesel! Paulus het selfs ’n paar harde woorde met Markus se neef, Barnabas, gewissel oor die aangeleentheid. Jare later het Paulus egter met liefde van Markus gepraat en hom selfs na Rome genooi om vir hom diens te verrig. Hulle het klaarblyklik hulle probleme opgelos.—Handelinge 15:37-39; 2 Timoteus 4:11.

Waarom probeer jy nie dieselfde doen wanneer probleme in jou vriendskappe opduik nie? Moenie dat probleme voortduur nie (Efesiërs 4:26). Voordat jy ’n gevolgtrekking maak of woedend beskuldigings maak, moet jy eers na jou vriend se kant van die saak luister (Spreuke 18:13; 25:8, 9). Miskien was daar ’n misverstand. Maar sê nou jou vriend het wel swak oordeel aan die dag gelê? Onthou dat jou vriend net ’n mens is (Psalm 51:7; 1 Johannes 1:10). En ons almal is skuldig daaraan dat ons dinge sê en doen waaroor ons later spyt is.—Vergelyk Prediker 7:21, 22.

Maar jy kan nogtans openlik sê hoe seer jou vriend se optrede jou gemaak het. Dit kan jou vriend beweeg om opreg om verskoning te vra. Aangesien liefde ‘nie van die kwaad boekhou nie’, kan jy miskien die voorval vergeet (1 Korintiërs 13:5). Die jong Keenon kyk terug op ’n verlore vriendskap en sê: “As ek dit alles weer kon doen, sou ek nie verwag het dat ons vriendskap volmaak moes wees nie. Ek sou meer geluister het en hom meer ondersteun het en nie sy swakhede vergroot het nie. Ek verstaan nou dat dit ’n vriendskap suksesvol kan maak as mense toetse en uitdagings saam kan deurstaan.”

Maar sê nou jou vriend bring nie soveel tyd saam met jou deur soos tevore of soveel as wat jy wil hê nie? Het jy miskien oorbesitlik geword wat jou vriend se tyd en aandag betref? Dit kan ’n vriendskap versmoor. Mense in gesonde verhoudings gee mekaar ’n mate van beweegruimte. (Vergelyk Spreuke 25:17.) Hulle laat genoeg ruimte toe vir ander mense! Die Bybel moedig Christene per slot van rekening aan om ‘verruim te word’ in hulle vriendskappe (2 Korintiërs 6:13). Wanneer ’n vriend dit dus doen, is daar geen rede om te voel dat hy of sy dislojaal is nie.

Dit is eintlik nie ’n goeie idee om te afhanklik van een persoon te raak nie (Psalm 146:3). Dit is verstandig om vriendskappe aan te kweek met ander buite jou ouderdomsgroep, soos jou ouers, die ouer manne en ander liefdevolle, verantwoordelike volwassenes. Ana sê met liefde: “My ma is my beste vriendin. Ek kan met haar oor alles praat.”

Blywende vriendskappe kan ervaar word!

Die Bybel sê in 1 Petrus 3:8: “Laastens moet julle almal eensgesind wees, meegevoel betoon, broederlike geneentheid en tere medelye hê, nederig van verstand wees.” Ja, betoon goedhartigheid, medelye, sedelike onkreukbaarheid en opregte besorgdheid teenoor ander, en jy sal altyd vriende na jou toe aantrek! Blywende vriendskappe verg weliswaar inspanning en deursettingsvermoë. Maar die belonings maak dit beslis die moeite werd.

Interessant genoeg, die Bybel vertel van Dawid en Jonatan. Hulle het ’n uitsonderlike vriendskap geniet (1 Samuel 18:1). Hulle kon kleinlike jaloesie en persoonlike swakhede te bowe kom. Dit was moontlik omdat Dawid sowel as Jonatan vriendskap met en lojaliteit aan Jehovah God bo enigiets anders gestel het. Doen dieselfde, en jy sal nie sukkel om godvresende vriende te behou nie!

[Prente op bladsy 26]

Vriendskappe verbrokkel dikwels wanneer een persoon voel dat dit dislojaal is om ander vriende te hê

    Afrikaanse publikasies (1975-2022)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2022 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel