Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 5/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 5/22 bl. 30

Van ons lesers

Enkelouergesinne Ek het so pas my Ontwaak! van 8 Oktober 1995 ontvang en die reeks “Enkelouergesinne—Hoe suksesvol kan hulle wees?” gelees. Ek kan julle nie genoeg bedank vir hierdie artikels nie. Hulle is baie tydig. Ek is reeds sewe en ’n half jaar lank ’n enkelouer, en dit was baie moeilik. Ek het ’n 15-jarige dogter wat op die oomblik baie moeilik en opstandig is. My werksomstandighede is ook baie onseker. Maar ek is dankbaar dat ek in ’n ondersteunende en liefdevolle gemeente van Jehovah se Getuies is. Wanneer ek ook al hulp met my motor nodig gehad het of net ’n horende oor nodig gehad het, was my broers altyd daar om my te help.

D. R., Verenigde State

Ek is reeds sedert 1978 ’n enkelouer. Omdat ek aan bipolêre depressie ly, was ek nie altyd die beste ouer nie. Maar ek luister altyd na die tydskrifte op band. Ek het reeds twee maal na hierdie tydskrif geluister, en dit speel ook nou op my hoëtroustel. As die tydskrifte aanhou om sulke wonderlike inligting te bevat, dink ek dat my gesin die mas sal opkom!

T. O., Verenigde State

Moeilik om aan God se standaarde te voldoen? Ek is ’n enkelouer, en toe ek die voorblad van die nommer van 8 Oktober 1995 met die artikels oor enkelouers gesien het, het ek gehuil. Maar die eerste artikel wat ek gelees het, was “Die Bybelse beskouing: Is dit te moeilik om aan God se standaarde te voldoen?” Ja, as ’n ma wat blykbaar onsuksesvol is, was hierdie artikel ’n groot verligting. Dit het aan my getoon dat ek nie ’n verloorder is nie. Dit is eenvoudig my beurt om Satan ’n leuenaar te bewys. Ek dank Jehovah vir hierdie wonderlike artikel!

R. N., Verenigde State

Dit was ’n artikel wat my diep geraak het. Hoewel Jehovah almagtig is, is dit wonderlik om daaraan te dink dat hy gewillig is om ons ons oortredinge te vergewe. Hierdie artikel het my help besef dat ons gelukkig kan wees as ons volgens God se standaarde lewe, selfs al faal ons soms.

D. C., Verenigde State

Rivierblindheid ’n Staatsinstansie het onlangs tablette vir die voorkoming van rivierblindheid in ons dorpie versprei. Kort daarna het ek die nommer van 8 Oktober 1995 met die artikel “Rivierblindheid—’n Verskriklike plaag word oorwin” ontvang. Ek het dit ook goed gebruik om my bure te help. Toe ’n regeringsamptenaar die artikel sien, het hy uitgeroep: “Julle organisasie is nie net ’n godsdiens nie!” Daarbenewens het die plaaslike dokter op beide Die Wagtoring en Ontwaak! ingeteken. Baie in ons gebied wil die tydskrifte hê. Hulle is bly om te sien dat die tydskrifte oor dinge handel wat in Nigerië gebeur.

A. A., Nigerië

Iditarod Ek het so pas die artikel “Die Iditarod—Tien eeue om gevestig te raak” (8 Oktober 1995) klaar gelees, en ek het verplig gevoel om julle te bedank vir ’n uiters leersame en opwindende artikel! Dit was ’n interessante verhaal wat die leser kon geniet. Dit het gevoel asof ek een van die sleejokkies op daardie reis van 1800 kilometer was! Dit het ook my waardering laat toeneem vir Jehovah—wie se eienskappe in die skepping van beide die mens en die dier geopenbaar word.

J. H., Verenigde State

Regsoorwinning Ek het die artikel “’n Oorwinning vir die minderheid—in ’n land van eenvormigheid” (8 Oktober 1995) gelees. Toe ek op hoërskool was, het ek nie aan die judoklasse deelgeneem nie. Dit het my bemoedig toe ek gelees het dat die broers in Kobe hierdie saak voor die howe gebring het om hulle godsdiensvryheid te beskerm sowel as hulle reg om ’n opvoeding te ontvang. Noudat die skool na die Hooggeregshof geappelleer het, bid ek dat die broers ’n gunstige uitspraak sal ontvang.

Y. K., Japan

    Afrikaanse publikasies (1975-2022)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2022 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel