Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 5/22 bl. 32
  • Sal jy daar wees?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sal jy daar wees?
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Jy sal dit beslis wil bywoon!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Jy sal dit beslis wil bywoon!
    Ontwaak!—2000
  • Is jy gereed om dit by te woon?
    Ontwaak!—2005
  • Kom na die “Geloof in God se Woord” streekbyeenkoms!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 5/22 bl. 32

Sal jy daar wees?

Gedurende die afgelope jaar het meer as 8700000 mense regoor die wêreld die “Vreugdevolle Lowers”-Streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies bygewoon. Sal jy by een van die “Boodskappers van Goddelike Vrede”-Streekbyeenkomste wees? Jy word hartlik uitgenooi om dit by te woon.

Op die meeste plekke sal die byeenkoms Vrydagoggend om 9:30 met musiek begin. Tydens die openingsessie sal daar ’n aanmoedigende toespraak met die titel “Wat vereis God van ons?” wees. Dit sal inligting insluit wat ons kan gebruik om miljoene ander te help om te doen wat God vereis.

Die middag se aanbieding “Help ander om van God se vereistes te leer” sal byeenkomsgangers toerus om op bekwamer wyse aan die dissipelmaakwerk deel te neem. Daarna sal die tweedelige simposium “Wees op julle hoede vir die verborge strikke van vermaak” ons waarsku teen demoniese strikke wat ons moet vermy. Vrydag se program sal afsluit met die belangrike toespraak “Verdedig getrou die egtheid van God se Woord”.

Saterdagoggend se sessie sal die belangrikheid van die dissipelmaakwerk beklemtoon met die driedelige simposium “Boodskappers wat goeie nuus van vrede bring”. Die sessie se slottoespraak sal handel oor toewyding en doop, en daarna sal nuwe dissipels gedoop word.

Saterdagmiddag se aanbieding “Neem Jehovah se gedagtes oor sake in ag” sal baie se vrae oor huidige onderwerpe beantwoord. Jy sal die hartverblydende tweedelige simposium “Die God van vrede gee vir jou om” geniet. Dan sal daar vir ons iets spesiaals wees in die sessie se slottoespraak “Streef Goddelike vrede in die gesinslewe na”.

Sondagoggend se driedelige simposium, “Identifiseer die regte soort boodskappers”, sal die byeenkoms se tema beklemtoon deur na die voorbeelde van Bybelprofete te verwys. Die oggendprogram sal afsluit met ’n gekostumeerde drama wat die aandag sal vestig op waardevolle lesse in die Bybelverslag van rigter Gideon.—Rigters 6:11–8:28.

Gedurende die byeenkoms se slotsessie Sondagmiddag sal die openbare toespraak met die titel “Uiteindelik ware vrede!—Uit watter bron?” gehou word. Die besielende toespraak “Gaan voort as boodskappers van Goddelike vrede” sal die byeenkoms afsluit.

Aangesien daar 30 byeenkomste vir Suidelike Afrika alleen beplan word, sal daar waarskynlik een gehou word nie ver van waar jy woon nie. Vind by die plaaslike Getuies van Jehovah uit wanneer en waar die byeenkoms naaste aan jou sal wees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2022)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2022 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel