Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g96 7/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1996
  • Van Ons Lesers
    Ontwaak!—1996
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Ontwaak!—1996
g96 7/8 bl. 30

Van ons lesers

Ewige lewe Dankie vir die reeks “Waarom is die lewe so kort?—Sal dit ooit anders wees?” (22 Oktober 1995). Hierdie artikels het my nie net gehelp om beter te verstaan wat dit sal beteken om ’n volmaakte mens op ’n paradysaarde te wees nie, maar het my ook in die wetenskapklas gehelp. Net toe hierdie artikels verskyn het, moes ons ’n toets skryf oor die sel—die dele en funksies daarvan. Julle het dit so duidelik beskryf! Dankie dat ek goeie punte kon behaal asook vir die geestelike voedsel op die regte tyd.

B. M., Verenigde State

Glas Dankie vir die artikel “Glas—Die eerste makers daarvan het lank, lank gelede gelewe” (22 November 1995). My pa werk met glas; daarom het ons baie daarvan in ons huis. Ek kan nie anders as om te sê hoe uitstekend hierdie artikel geskryf is nie. Ek het nooit besef hoeveel verskillende kulture in glasmakery betrokke was nie. Weer eens dankie.

M. B., Verenigde State

Hongarye se wingerde Ek werk al etlike maande in die wynafdeling van ’n supermark in Luxemburg. Gevolglik het ek die artikel “Kom saam met ons na Hongarye se wingerde!” (8 September 1995) met die grootste belangstelling gelees. Een van my opsieners het gesê dat die artikel wel akkuraat was, maar dat julle blykbaar te kenne gee dat die swam wat op die druiwe groei (Botrytis cinerea) dieselfde swam is wat in die wynkelders groei. Hy sê dat laasgenoemde swam eintlik iets is wat Cladosporium cellare genoem word.

B. P., Frankryk

Jou opsiener is reg, en ons bedank hom vir hierdie regstelling.—RED.

God se vriend Ek wil net vir julle sê hoe diep ek geraak is deur die artikel “Jongmense vra . . . Sal dit my help as ek God se vriend is?” (22 November 1995). ’n Groot deel van hierdie jaar het ek in die dal van diepe skaduwee gewandel, met depressie wat my laaste bietjie selfrespek vernietig het. Ek het nie eers die krag gehad om te bid of die Bybel te bestudeer nie. Die aanmoediging van my Christenbroers het net nie tot my deurgedring nie. Toe ek hierdie artikel gelees het, was dit soos die eerste sonstraaltjie in ’n lang tyd.

S. K., Duitsland

Dit is vertroostend om te weet hoeveel Jehovah in jongmense belangstel en hoe lief hy hulle het. In my kort lewe het ek al verkragting, dwelmmisbruik, ’n miskraam, emosionele mishandeling en beledigings deurgemaak. Ek het eenkeer selfs probeer selfmoord pleeg. Maar uiteindelik het ek weer Christelike vergaderinge begin bywoon. Deur in gebed te volhard en deur Jehovah weer eens te nader, is ek in sy organisasie herstel. Jehovah se Woord het my meer gemoedsrus as enige dwelmmiddel gegee.

W. B., Verenigde State

Mededinging Die artikel “Die Bybelse beskouing: Is mededinging in sport verkeerd?” (8 Desember 1995) het my tienjarige seun bemoedig. Van die ouer seuns het hom genooi vir ’n balspel. Hulle het hom so geterg dat hy taamlik terneergedruk geword het. Ons het die artikel gelees en is bemoedig in die wete dat Christene ’n gebalanseerde beskouing van sport moet behou en dat sport verkwikkend moet wees, nie neerdrukkend nie. Ek hoop dat al ons jongmense hierdie artikel sal lees, want sommige sportsoorte het baie gewelddadig geword.

S. H., Verenigde State

Die artikel het my werklik gehelp in my besluit of ek by ’n sportspan by die skool moes aansluit of nie. Die tekste wat in die artikel gebruik is, was baie reguit. As ek by dié bepaalde span aangesluit het, sou ek uiters mededingend moes wees, aangesien die afrigters gewoonlik vir jou sê om hard te speel en te wen. Dankie vir die insiggewende artikel, en ek hoop dat dit ander jongmense ook sal help om ’n goeie besluit te neem.

L. M., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2022)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2022 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel