Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 3/22 bl. 32
  • ’n Waardevolle tydskrif

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Waardevolle tydskrif
  • Ontwaak!—1997
Ontwaak!—1997
g97 3/22 bl. 32

’n Waardevolle tydskrif

’N VERPLEEGSTER van Londen het die volgende kommentare gemaak in ’n brief aan die uitgewers van die Ontwaak!:

“Ek het op ’n dag met my nuwe buurvrou, Jackie, gesels oor my werk met die bejaardes. ‘Ek het ’n paar tydskrifte wat hulle sal geniet om te lees’, het sy vir my gesê. Ek het haar tydskrifte werk toe geneem en dit op die koffietafels gelaat. Met latere besoeke het ek opgemerk dat daar baie deur die tydskrifte geblaai is; mense het dit dus gelees.

“Later het ek van werk verander en by ’n hospitaal begin werk. Ek het van my buurvrou se tydskrifte in die wagkamer gesit. Ek kon weer eens sien dat hulle gelees word. Toe ek een oggend ’n bejaarde dame se hand behandel het, het haar man gesê: ‘Ek hoop nie julle gee om nie, maar ek het hierdie tydskrif uit julle wagkamer geneem. Daar is ’n baie goeie artikel in wat ek vir my seun wil wys.’

“Die tydskrifte was al vir my ook ’n seën. Aangesien ek steeds verpleegopleiding ontvang, het ek die inligting in hierdie artikels in my navorsingstake gebruik, en my onderwysers het gunstig daarop gereageer.

“My buurvrou Jackie is een van Jehovah se Getuies, en die tydskrif waarna ek verwys, is die Ontwaak! Wat ek in hierdie tydskrif gelees het, het my gehelp om baie oor myself en oor die toekoms van die mensdom te verstaan.”

As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy toekomstige eksemplare van die Ontwaak! kan ontvang, kan jy gerus met Jehovah se Getuies in jou omgewing in aanraking kom of na die gepaste adres op bladsy 5 skryf.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel