Lei alle godsdienste na God?
Miljoene mense glo dat alle godsdienste verskillende paaie is wat na dieselfde plek lei. Feit is, die leerstellings, ritusse en godhede van godsdienste is baie dieselfde. Kyk byvoorbeeld na hierdie standbeeld uit die agtste eeu G.J. van ’n mitologiese Hindoe-karakter van Kerala, Indië.
Wat opmerkenswaardig is, is dat bulle in baie godsdienste van die ou tyd aanbid is. Volgens die Griekse geskiedskrywer Diodorus Sikulus van die eerste eeu v.G.J. het die Ammonitiese god Molog byvoorbeeld ook die kop van ’n bul gehad.
Waarom was daar nog altyd merkwaardige ooreenkomste in talle uiteenlopende godsdienste regdeur die wêreld? Het hierdie godsdienste ’n gemeenskaplike oorsprong? Is hulle werklik net verskillende paaie wat na dieselfde plek lei? Word hulle almal deur God goedgekeur?
Die boeiende verslag van die oorsprong en ontwikkeling van die wêreld se vernaamste godsdienste in die boek Die mensdom se soeke na God beantwoord sulke vrae. As jy graag meer inligting wil hê oor hoe om hierdie boek te ontvang of as jy wil hê dat iemand jou tuis moet besoek om te bespreek wat die Bybel hieroor sê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika of na die gepaste adres op bladsy 5.