Blokkiesraaisel
Dwars
1. ’n Fariseër wat gehelp het om Jesus se liggaam vir die begrafnis voor te berei (Johannes 19:39)
5. Die Israeliete moes dit gebruik om versoening te doen vir hulle sondes (Levitikus 17:11)
8. Toe die psalmis vervolg is, het hy soos hierdie voorwerp geword (Psalm 119:83)
9. Die eerste persoon wat deur Satan verlei is (2 Korintiërs 11:3)
10. As ons gehoorsaam is en geloof beoefen, sal ons Jehovah se—ingaan (Hebreërs 3:11)
11. In Farao se droom het die koeie uit hierdie rivier gekom (Genesis 41:2)
12. Een van Josef se medegevangenes wat, in ooreenstemming met Josef se uitlegging van sy droom, opgehang is (Genesis 40:5)
15. Dawid se vader (Handelinge 13:22)
17. In ’n gelykenis van Jesus verteenwoordig dit Jesus se besittings wat ons moet probeer vermeerder (Matteus 25:15)
20. Die jongste van Saul se vier seuns wat koning oor al die stamme van Israel, behalwe Juda, geword het (2 Samuel 2:8)
22. ’n Hawe langs die Middellandse See en een van die vyf vernaamste stede van die Filistyne (Josua 13:3)
24. Die gemeentes in Masedonië wou ’n — hê in die bediening wat vir die heiliges bestem is (2 Korintiërs 8:4)
26. Die tyd van die dag toe Jesus die laaste Pasga met sy dissipels gevier het (Matteus 26:20)
27. Jona wou hiernatoe vlug omdat hy nie in Nineve wou preek nie (Jona 1:3)
30. God het die tyd wanneer die son skyn so genoem (Genesis 1:5)
32. Abraham het die ram wat hy as brandoffer in die plek van sy seun geoffer het hier gevind (Genesis 22:13)
34. Ons luister daarmee (Matteus 11:15)
35. Van baie groot waarde (Johannes 12:3)
36. Waarskynlik ’n simboliese naam vir Babilon (Jeremia 51:41)
37. Hoewel hierdie woord nie self in die Hebreeuse Geskrifte gebruik is nie, is daar geprofeteer dat Jesus so genoem sou word (Matteus 2:23)
Af
1. Ná Josef en Maria se terugkeer uit Egipte het hulle hulle hier gevestig (Lukas 2:39)
2. Jehovah het hom gebruik om Babilon te vernietig en Israel te bevry (Jesaja 45:1)
3. Een van die manne wat Korag gesteun het in sy opstand teen Moses en Aäron (Numeri 16:1)
4. Die mens self (Genesis 2:7)
5. In Jehovah se oordeel oor Edom word hierdie belangrike stad ook genoem (Jesaja 34:6)
6. Die engel het vir Lot en sy gesin gesê om dit nie te doen nie (Genesis 19:17)
7. ’n Dorp wat saam met sy weiveld vir die Leviete opsy gesit is (1 Kronieke 6:72)
8. Toe Hosea oor Israel se herstel geskryf het, het hy gepraat van ’n tyd wanneer God se volk soos hierdie blom sou bloei (Hosea 14:6)
12. Een van sewe hofdienaars wat deur koning Ahasveros gestuur is om koningin Vasti te gaan haal (Ester 1:10)
13. In Jehovah se liefde vir sy volk het hy hulle met — van liefde getrek (Hosea 11:4)
14. Hulle het hulle oorwinning oor Babilon belangriker geag as silwer of goud (Jesaja 13:17)
16. Die tweede stad wat die Israeliete in die Beloofde Land ingeneem het (Josua 7:2)
18. Volgens die Mosaïese Wet sou enigiemand wat hieraan raak tot die aand toe onrein wees (Levitikus 11:24)
19. Terwyl Paulus in hierdie stad was, het hy ’n visioen gehad waarin ’n man hom gesoebat het om oor te kom na Masedonië (Handelinge 16:8, 9)
21. Herodes het ter wille hiervan die bevel gegee dat Johannes onthoof word (Matteus 14:9)
22. ’n Getroue getuie in die gemeente in Pergamus wat ’n marteldood gesterf het (Openbaring 2:13)
23. In die rigting van (Matteus 5:39)
24. ’n Seun van Bela, ’n Benjaminiet (1 Kronieke 8:3)
25. Daar is geprofeteer dat Jesus op die vul van so ’n dier sou ry (Matteus 21:5)
28. Die behoeftige weduwee se twee muntstukkies was van groter waarde as al die gawes wat hulle ingegooi het (Lukas 21:1)
29. Die vermoë om in ’n situasie in te sien (Spreuke 1:5)
31. Hosea se ontroue vrou wat hy teruggeneem het ter afbeelding van hoe Jehovah sy ontroue volk sou terugneem (Hosea 1:3)
32. ’n Verlosser wat deur Samuel gemeld word (1 Samuel 12:11)
33. Sy offerande was nie vir Jehovah aanvaarbaar nie omdat dit nie deur geloof gemotiveer is nie (Hebreërs 11:4)
Oplossing van blokkiesraaisel op bladsy 27
Dwars
1. NIKODEMUS
5. BLOED
8. LEERSAK
9. EVA
10. RUS
11. NYL
12. BAKKER
15. ISAI
17. TALENTE
20. ISBOSET
22. ASKELON
24. ANDEEL
26. AAND
27. TARSIS
30. DAG
32. BOS
34. ORE
35. KOSBAAR
36. SESAG
37. NASARENER
AF
1. NASARET
2. KORES
3. DATAN
4. SIEL
5. BOSRA
6. OMKYK
7. DABERAT
8. LELIE
12. BISTAN
13. KOORDE
14. MEDERS
16. AI
18. AAS
19. TROAS
21. EDE
22. ANTIPAS
23. NA
24. ADDAR
25. LASDIER
28. RYKES
29. INSIG
31. GOMER
32. BEDAN
33. KAIN