Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 12/8 bl. 32
  • Hy is nie meer skepties nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy is nie meer skepties nie
  • Ontwaak!—1997
Ontwaak!—1997
g97 12/8 bl. 32

Hy is nie meer skepties nie

Toe ’n jong man op die Karibiese eiland Jamaika deur Jehovah se Getuies besoek is, was hy baie skepties oor die bestaan van God en het hy nie geglo dat die Bybel geïnspireer is nie. Maar hy het die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teësinnig geneem. Herbesoeke is by hom gedoen, maar hy het later vir die Getuies gesê dat hulle nie moet terugkom voordat hy hulle nooi nie.

“Maande later”, het die Getuies vertel, “het hy geskakel en baie vrae gevra. Maar hy was nog krities oor die Bybel se antwoorde.”

Na verloop van tyd is die boek Kennis wat tot die ewige lewe lei by die jong man gelaat, en ’n gereelde Bybelstudie is met hom begin. Kort daarna het hy opgemerk: “Nou kan ek sien waarom so ’n studie nodig is.” Hy was so geesdriftig oor wat hy geleer het dat hy gevra het om twee keer per week te studeer. Kort voor lank het hy Christelike vergaderinge gereeld begin bywoon.

Die geloof van miljoene is al versterk deurdat hulle Die Bybel—God se woord of die mens s’n? gelees en die boek Kennis wat tot die ewige lewe lei bestudeer het. As jy graag meer inligting wil hê oor hoe om hierdie boeke te bekom of as jy wil hê dat iemand ’n tuisbybelstudie met jou moet hou, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika of na die gepaste adres op bladsy 5.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

Buiteblad van die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n?: Derde-eeuse papirus- en Hebreeuse boekrol van Ester: The Trustees of the Chester Beatty Library, Dublin; borsbeeld van Aleksander die Grote: Musei Capitolini, Roma

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel