Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 12/22 bl. 32
  • Dit het hulle beweeg om te preek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dit het hulle beweeg om te preek
  • Ontwaak!—1997
Ontwaak!—1997
g97 12/22 bl. 32

Dit het hulle beweeg om te preek

Daar is talle gemeentes van Jehovah se Getuies in Khabarovsk, ’n stad met ongeveer 700 000 inwoners in die oostelikste deel van Rusland. Twee vroue wat in ’n dorpie daar naby woon, het ’n eksemplaar van die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe gekry. Maar die Getuies in Khabarovsk kon hulle nie in hulle dorpie gaan besoek nie.

Die vroue het dus, so goed as wat hulle kon, die boek saam begin bestudeer met behulp van die Bybel. Nadat hulle daarmee klaar was, het hulle besluit dat dit belangrik is om ander te vertel wat hulle geleer het, net soos die vroeë Christene gedoen het.—Matteus 10:7; Handelinge 20:20.

By die eerste huis wat hulle besoek het, het die vroue ’n man ontmoet met wie hulle ’n Bybelstudie begin het. Die man se vrou en sy dogter het mettertyd by die gereelde Bybelbesprekings aangesluit. Later het hulle met ander Getuies in aanraking gekom, en al vyf is gedoop. Die twee vroue wat die inisiatief aan die dag gelê het om met ander te praat, is nou voltydse evangeliedienaars.

Deur die boek Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe te lees, sal jy dalk ook beweeg word om Bybelleringe aan ander mee te deel. As jy graag meer inligting wil hê oor hoe om ’n eksemplaar te bekom of as jy wil hê dat iemand jou moet besoek om ’n gratis tuisbybelstudie met jou te hou, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel