Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 3/8 bl. 2-3
  • Die droom om te kan vlieg

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die droom om te kan vlieg
  • Ontwaak!—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe het die vliegtuig ontstaan?
    Ontwaak!—1999
  • Hoe veilig is vliegtuie?
    Ontwaak!—1999
  • Die vroeë lugvaartpioniers
    Ontwaak!—1999
  • Pogings om lugvaart te beveilig
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 3/8 bl. 2-3

Die droom om te kan vlieg

“VLIEGMASJIENE, almal sonder uitsondering, het in ’n kort tydjie die spreekwoord van ons kinderdae toegelig: ‘Wat opgaan, moet afkom.’”

So het ’n ietwat skeptiese hoofartikel in The New York Times van 25 Mei 1908 begin—minder as vyf jaar nadat die Wright-broers hulle beroemde vlug by Kitty Hawk, Noord-Carolina, VSA, onderneem het. Die skrywer wat nog getwyfel het oor die sukses van die nuwerwetse “vliegmasjiene” wat in die hemel begin verskyn het, het gesê dat “betreklik min van ons enige begeerte het om in die lug hoog bo die aarde te sweef”. Hoewel die artikel toegegee het dat toekomstige geslagte miskien meer van lugvervoer sal hou, het dit aangevoer dat die “droom van langafstandpassasierslugskepe . . . dalk nooit verwesenlik sal word nie”.

Hoe verkeerd was daardie voorspelling tog! Vandag vlieg meer as ’n miljard passasiers elke jaar in “langafstandpassasierslugskepe”. Ja, binne een eeu is vliegtuie omskep van die lendelam hout-en-materiaal-uitvindsels wat hulle nog by die eeuwisseling was tot die vaartbelynde rekenaartoegeruste straalvliegtuie van vandag, wat tien kilometer bo die aarde vlieg en honderde passasiers in klimaatbeheerde gerief na verafgeleë bestemmings vervoer.

Die vinnige vooruitgang in lugvaarttegnologie in die 20ste eeu was waarlik verstommend en het ons wêreld ingrypend verander. Die verhaal van die mens se pogings om die vliegkuns te bemeester, kan eintlik baie verder teruggevoer word as die laaste paar dekades—of selfs as die laaste paar eeue. Die mens word al sedert antieke tye gefassineer deur die droom om te kan vlieg.

[Prent op bladsy 2, 3]

Lockheed SR-71 Blackbird, wêreld se vinnigste straler, teen ongeveer 3 540 km/h

[Prent op bladsy 3]

Boeing Stratoliner 307, ca. 1940, 33 passasiers, kruissnelheid 346 km/h

[Erkenning]

Boeing Company Archives

[Prent op bladsy 3]

Die Wright-broers se “Flyer”, 1903

[Erkenning]

U.S. National Archives photo

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel