“Ek het nog nooit so ’n boek gelees nie”
’n Jong man, Łukasz, wat naby Szczecinek in noordelike Pole woon, het die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? fassinerend gevind. Hy het gevolglik besluit om dit skool toe te neem en dit vir sy fisika-onderwyseres te gee. Hy het haar aandag gevestig op die inligting oor die heelal. Hy het vir haar die illustrasie op bladsy 78 gewys (wat hier verskyn). Dit beeld verskillende sienings oor die oorsprong van die heelal uit, waaroor jy ook kan nadink.
Later het die onderwyseres vir Łukasz gesê: “Ek het nog nooit so ’n boek gelees nie. Dit verduidelik ingewikkelde wetenskaplike inligting so bondig en op so ’n eenvoudige en logiese manier! As ek die boek vroeër gekry het, sou ek nie die jongste fisikahandboek vir die hoërskool gekoop het nie. Ek sal dit beslis in my klasse gebruik.”
Baie mense wat Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? gelees het, is beweeg om dieper te dink oor die oorsprong en doel van die lewe, asook oor hoe ons hier gekom het. En nog belangriker, baie is gehelp om ingeligte gevolgtrekkings te maak.
Jy kan ’n eksemplaar van hierdie boek met 192 bladsye aanvra deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? by my af.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.
[Foto-erkennings op bladsy 32]
Met vergunning van Anglo-Australian Observatory, foto deur David Malin
“Pilare van die skepping” op buiteblad van boek: J. Hester en P. Scowen (AZ-staatsuniv.), NASA